Trolliestoter swaar gevonnis vir moord by supermark

Argieffoto (Foto: beeki, Pixabay)

Argieffoto (Foto: beeki, Pixabay)

ʼn 25-jarige waentjiestoter is vandeesweek swaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die moord op ʼn mede-waentjiestoter ná ʼn geskil by ʼn supermark in KwaZulu-Natal.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê Nkosinathi Bharet Mkhize is skuldig bevind aan die moord op Madiya Bhudlu (26).

“Die twee mans het op 1 April vanjaar omstreeks 15:30 by ʼn supermark in Harding in ʼn rusie betrokke geraak oor wie se beurt dit was om ʼn klant se winkelwaentjie na haar motor te stoot,” het Gwala gesê. “Mkhize het ʼn mes uitgeruk en Bhudlu in sy nek gesteek. Bhudlu is op die toneel dood.”

Mkhize het van die toneel weggehardloop en is drie dae later deur speurders van die Harding-polisie in hegtenis geneem.

Hy het sedertdien verskeie kere in die Ezingolweni-streekhof verskyn waar hy vandeesweek skuldig bevind is aan moord. Hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Andre ·

Ongelooflik! Mense maak mekaar deesdae dood vir enige iets! Wat het geword van naasteliefde?

MissDemeanor ·

Daar is defnitief fout met ‘n land se ekonomie as mense trollies moet stoot, karre moet “watch” en petrol moet ingooi vir ‘n inkomste.

Sus ·

Geen werk is minderwaardig nie. Nie eers trollie-stoot nie. Respek vir mekaar – dis wat nie meer bestaan nie.

Annemarie ·

Naasteliefde het saam met dissipline en respek in ’94 uit die samelewing verdwyn sodat die reënboognasie dan mos in harmonie kan saamleef!

MissDemeanor ·

Miskien is dit dan bietjie tyd dat jy naasteliefde wys.

Anti regering ·

Ek stem100% saam Annemarie leef volgens die 10 gebooie en jy behoort reg te wees.

Brie brie ·

Nou kry die blikskottel verniet kos en water, blyplek en hy kan was in die tronk. So sorg die duiwel vir sy kinders. Hy hoef niks meer winkelwaentjies te stoot nie……..lekker nè

MissDemeanor ·

Ja lekker ne? Want om trollies te stoot is mos ‘n keuse wat mens maak ne? Wees net dankbaar jy is gebore in die gesin waarin jy gebore is, en dat jy jou hele lewe lank meer ondersteuning en geleenthede gehad het. Jou familie en onderwysers kon jou morele waardes leer. En jy was in staat om te kan kies tusssen goed en kwaad. Dis so lekker om te oordeel en vinnger te wys. Maar jy hoef nognooit trollies te gestoot het sodat jy paar sente kon verdien nie.

Sannie ·

April 2016 iemand doodgesteek. September 2016 lewenslane tronkstraf….hofsaak klaar!!!! Hoekom neem smmige moordsake so lank om afgehandel te word??

MissDemeanor ·

Want party mense het genoeg geld om prokereurs en advokate te bekostig wat hul kan help om die saak uit te rek. Ander mense kan nie eers borg betaal nie. Hul pleit net eenvoudig en die saak word afgehandel.

Dirk ·

Mis Dem…….. duidelik was j nog nooit deur die bose crime cicle nie. Hoe kan j geharde kriminele se part vat.?????? Ooooo ok dalk is jy ook een ai so jammer as dit is. Ek werk al 29 met kriminele. N geharde wetenlose moordenaarkrimineel bly n krimineel.

Tanya ·

Jinne Miss maar jyt niks goed te se oor enige een nie behalwe vir die moordenaar! Volgens jou is net hy reg??????

Anti regering ·

Ek stem saam baie negatiewe persoon wees positief dan is die lewe ook beter

Sarie ·

Wonder hoe die klant moes voel oor diè debakel? Kan jý jouself in sò’n situasie indink??? Sy voel moontlik skuldig oor iets waaroor sý gèèn beheer gehad het nie… Ek hoop nie dìt gebeur òòit met mý nie…

Yvonne ·

Dis verskriklik hartseer dat iemand met sy lewe moes boet vir ‘n fooitjie van ‘n paar rand! Wat ‘n aanklag teen ons regering! Natuurlik stem ek saam dat die moordenaar swaar gestraf moet word en dat hy beslis nie ‘n bederflewe in die tronk moet hê nie, maar die realiteit van die NUWE SA is dat mense honger ly! En wanneer dit gaan oor die mees basiese oorlewing, nou ja, dan gaan dit letterlik oor lewe en dood en is daar nie iets soos ‘n toekoms nie; slega ‘n daaglikse stryd. Hierdie vetkat, botterbekregering van ons moet waai! Gou.

Cherokee ·

Natuurlik is trolliestoot geen skande nie. Voertuie op pas ook nie. Wat wel ‘n skande is, is as hy EFF, EFF of DA stem maar op blanke footjies staatmaak.

Piet Pompies ·

Trollie vir trollie kry jy jou waarde by Checkers…

Carel ·

Dit het uiters noodsaaklik geword dat moordenaars in die openbaar opgehang moet word. Mense moet die proses dophou, dan sal ons sien hoe val die moordsyfer.

Carel ·

Ek blameer die winkel sentrums vir die feit dat hulle niks van hierdie “onafhangklike” werkers beheer nie. Elke trollie of kar beteken n betalling vir hulle en as hulle een mis kis dit hulle geld, as jy vir ouers sorg kan dit beteken dat jy tot geweld oorslaan om seker te maak jy word betaal. Ek was in Amerika vir n paar dae en moes na n sentrum gaan. Sodra jy uitklim vra die wag of jy jou motor wil laat oppas en indien jy ja se gee hy vir jou n kaartjie wat jy dan binne betaal, sou jy iemand soek om jou te help uitpak moet jy vooraf by die kassier betaal en buite vir een van die mense die kaartjie toon. Hulle maak seker almal word betaal en daar is nie sprake van geweld soos hier tussen trollie ouenz en kar wagte nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.