Trollip aanvaar hofuitspraak

‘n Volgepakte hooggeregshof in Port Elizabeth luister Donderdagoggend na regter Johan Huisamen se uitspraak. Fot: Facebook

Athol Trollip sê die DA respekteer die hofuitspraak dat sy ontheffing as Nelson Mandelabaai se burgemeester wettig was.

Die hooggeregshof in Port Elizabeth het vanoggend Trollip se dringende aansoek van die hand gewys om sy onttroning ongeldig te verklaar. Mongameli Bobani van die UDM het hom op 24 Augustus as burgemeester vervang nadat ʼn DA-lid in ʼn mosie van wantroue teen Trollip gestem het.

“Die hofuitspraak is gegrond op ʼn tegniese punt oor wanneer ʼn lid sy DA-lidmaatskap opsê,” het Trollip by navraag aan Maroela Media gesê. “Dis vir my onverstaanbaar dat [die gewese DA-lid Mbulelo Manyati] in die raadsvergadering oor die vloer na die ANC kon loop en in hulle banke gaan sit, maar ek respekteer die hofuitspraak.”

Trollip sê die DA sal nie teen die uitspraak appelleer nie. “Ons is ʼn baie goeie opposisieparty, soos ons landwyd bewys, en sal ons in Nelson Mandelabaai daarop toespits.”

Manyati het by die vergadering in Augustus buite stemming gebly tydens die mosie van wantroue in die destydse speaker, Jonathan Lawack. Daarna het ook die mosie van wantroue in Trollip geslaag.

Intussen het Trollip gister aan Maroela Media gesê hy en die DA glo hulle kan ʼn volstrekte meerderheid in 2021 in Nelson Mandelabaai se munisipale verkiesing behaal en so die onsekerheid van koalisieregering uit die weg ruim. “Dis nog baie ver in die toekoms, maar ons is vasbeslote om dit te kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eish ·

Jammer vir die inwoners van PE!
Nog n bloedneus vir die vuisvoos Daliansie!

Pieter h ·

Siestog ja en agv politici se magsbeheptheid doen hulle mos alliansies met hul sg. vyande. Nou betaal hulle die prys. Lekker kry vir julle!

Penellope Jones ·

Nou kan die anc/eff/udm na hartelus die plek afbreek en omkeer. . . .
Hulle moet net nie agterna kla, kerm en protesteer nie. . . . .

Ja wat ·

Dit gebeur as jy jou ophou met ‘n rassistiese politieke party. Hulle kan nie wag om al die witmense uit die DA en oral waar hulle nog verteenwoordigend is uit te werk nie, selfs die grootste liberalis sal uiteindlik die knie moet buig onder politieke rassisme.

Johann cb ·

Dit is ongelukkig ‘n groot slag/terugslag vir ons in PE! Athol Trollip het dit reggekry om bedrog “skoon” te maak en vas te vat, nou lyk dinge nie goes nie! Die nuwe Burgemeester het reeds met sy streke begin! Die belastingbetalers gaan nou éérs bars!

Wilma ·

Die D A lid wie die mosie ondersteun het het dalk uitgesien na n nuwe party waar hy kon homself verryk..sies

Tassies Pak ·

Maar net die permanente simptome van die walglike hool. Ek pak ook liewer my redes in ‘n tas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.