Trollip as DA se federale voorsitter verkies

Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro. Foto: Facebook

Athol Trollip, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro in Port Elizabeth, is vandag tot federale voorsitter van die DA herkies.

Hy het Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro in Pretoria, en dr. Annalie Lotriet, DA-voorsitter in die Vrystaat, geklop.

Twee van die drie federale ondervoorsitters van die party is herkies. Hulle is dr. Ivan Meyer van Kaapstad, wat ook die Wes-Kaapse LUR vir finansies is, en Refiloe N’tsheke van die Oos-Rand, wat ook die DA se nasionale woordvoerder is.

Mike Waters, die DA se adjunk-hoofsweep in die Nasionale Vergadering, is die ander federale ondervoorsitter. Hy het Desiree van der Walt, DA-LP van Tzaneen, ontsetel.

Alf Lees, DA-LP van Ladysmith, is ontsetel as tesourier. Hy is geklop deur die voormalige DA-LP dr. Dion George.

In sy afsluitingstoespraak het Maimane omvattend hulde gebring aan Trollip, en die doelwit gestel dat die DA volgende jaar die regerende party in Gauteng moet word. Hy het geen voorspelling oor die nasionale verkiesingsuitslag gemaak nie.

Mmusi Maimane is onbestrede herkies tot DA-leier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hanna ·

EFF spoeg seker nou vuur, want hulle wou v Trollip as burgemeester in PE ontslae raak en nou DIT! Die “rede” wat hulle aanvoer is slegs sy velkleur. Hoe belaglik!

Alida ·

Die EFF moet groot word en verby kleur kyk. JM gaan nog hard op sy sitvlak val. Ignoreer hom net met GEEN media dekking nie dan is hy tjoepstil.

Willem ·

Transformasie is nog steeds op die kaarte vir die DA, dit is op die kongres bevestig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.