Trollip nou in EFF se visier

Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelbaai-metro. Foto: Facebook

Die EFF gaan op 6 April ʼn mosie van wantroue stel om die DA-burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, Athol Trollip, tot ʼn val te bring, mits die ANC ʼn nie-korrupte kandidaat as alternatief kan stel.

Die EFF-leier, Julius Malema, het die nuus Dinsdagmiddag by die parlement aangekondig. Die Nelson Mandelabaai-metro bedien Port Elizabeth, Uitenhage en omliggende gebiede.

“Die ANC is besig om stadigaan ons beleidsvoorstelle oor te neem. Die DA doen niks in daardie verband nie – hulle dryf al verder van ons weg,” het Malema gesê.

“As die DA nie sy sienings oor grondbeleid wysig nie, sal ons ook die metro-regerings in Johannesburg en Tshwane tot ʼn val bring,” het Malema onderneem.

Hy het gesê die EFF sal die ANC slegs in Nelson Mandelabaai ondersteun indien die ANC ʼn nie-korrupte burgemeesterskandidaat soos Mcebisi Jonas, die voormalige adjunkminister van finansies, stel. Anders sal die EFF nie die ANC ondersteun nie.

In reaksie het Nqaba Banga, Oos-Kaapse leier van die DA, gesê die EFF sal niks anders bereik as om die stadsraad aan die ANC, wat lieg en bedrieg, terug te besorg nie.

Daar is in November verlede jaar ook ʼn mosie van wantroue teen Trollip ingestel en hy het danksy die EFF die mosie oorleef. Die mosie is deur die Patriotic Alliance (PA) voorgestel. Die ANC het die mosie ondersteun, terwyl die ACDP en Cope ook daarteen gestem het.

Die UDM se Mongameli Bobani is kort voort dit as adjunkburgemeester uit sy amp gestem ná ʼn mosie van die PA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Al ·

Die EFF is manteldraaiers en opportuniste. Geen politieke partye behoort hul ooit te vertrou nie. Dis soos om n adder aan jou boesem te vertroetel.
Die Here sal mnr Trollip beskerm. Hy sal niks oorkom nie en in sy pos bly.

Roux ·

Ek stem saam. Die EFF en Malema het soveel haat in hul. Ek wonder soms wat het in sy lewe gebeur dat hy so HAAT. ..

Koos ·

Athol sal nie lank aanbly as burgemeester nie. Wie hier gee in elk geval om? Hy en baie van sy DA-maatjies het ook met Afrikaners se hulp ingekom en dit selfs nadat hy in die verlede Afrikaners beledig het. Malema is reg oor een ding: Die ANC gaan doodeenvoudig die EFF se beleid Kaap, net soos die NP met die DA se voorganger die DP se beleid gemaak het, voila!

Laat die EFF of ANC die metro oorneem, hulle eie mense gaan die swaarste daaronder ly.

Johann ·

Ja wel dis wat Afrika Aliansies beteken. Werk net totdat die skoothondjie sy eie tande kry en uitvind hoe sy eie stert werk! MALlema het leer blaf en knor ook so…

Vlug ·

Ja oom jy is te wit, Malema is op die oorlogspad, hy wil van alle wittes ontslae raak .. jy is eerste in sy visier, ek wed jou jy gaan nie die mosie oorleef nie. Die DA moet baie vinnig die VF of Cope of ander party nader vir ‘n vennootskap, die EFF dink hulle regeer die land.

Cherokee ·

Nogal in ooreenkoms met die DA wat ook van die wittes en nie heeltemal-swartes ontslae raak uit poste en uit die party.

NEE DA ·

Hoekom moet die DA heeltyd die EFF se voorstelle aanvaar? Wat van die EFF aanvaar die DA se voorstelle? Wie is die sterkste? NEEWAT DA, tyd om paaie met die EFF te skei en ‘n ander party in te kry .. die EFF gebruik julle om hulle rassisties agenda uit te leef .

Stella ·

Trollip is n Afrikaner hater. Gaan soek maar n bietjie die goed wat hy al oor Afrikaners en Boere gesê het

KP ·

So gaan al hierdie koalisies met die EFF in die metros tot n val kom. Hulle was net gebruik om Zuma by te kom en word nou soos vrot wyn uitgespoeg. MARK MY WORDS…………..

Johan. H. ·

Die mannetjie is nou n regte ramkat want die howe is bang vir hom,,, maar toemaar sy pakslae sal hy kry op sy tyd, soos zumpie.

Al ·

Ek stem saam. Val gaan Malema val, dis net ñ kwessie van tyd.

CHEERS ·

JA ou Trollip, ek kan so lekker lag vir julle wat die wittes al die jare uitverkoop het, dit gaan jou nou NIKS help nie, jy is in MALEMA se visier en hy gaan nie rus voordat jy nie weg is nie. Hy soek alle blankes WEG, of jy liberaal is of regs of ‘n kruiper of ‘n samewerking, JY GAAN WAAI!

Jan ·

Enige koalisie met die EFF sal altyd in ‘n morsige wipwa rit ontaard. Die boodskap, bly weg van enige koalisie met hierdie klomp opportuniste. Als gaan net oor ‘shine’ vang, eerste met ‘n idee kom….

Ek is net oor een ding jammer en dit is dat ek dié tye met hulle moet beleef, hulle bederf nie net my eetlus nie, hulle bederf ook die rustigheid in die toilet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.