Trollip: Nuwe burgemeester se uitlating ‘belaglik’

Athol Trollip. Foto: Facebook

Athol Trollip sê die nuwe burgemeester van Nelson Mandelabaai se opmerking dat die metroraad sy volgende begroting in sy geheel aan mindergegoede gebiede moet toewys, is “belaglik”.

Mongameli Bobani, wat op 24 Augustus burgemeester geword het nadat ʼn mosie van wantroue in Trollip geslaag het, het die gewraakte uitlating op ʼn vergadering in New Brighton gemaak. Hy het gesê die hele begroting moet na die townships en noordelike gebiede van Port Elizabeth gaan.

“Dis ʼn absurde uitlating en tipies van sy houding,” het Trollip Woensdag aan Maroela Media gesê. “Sulke soort uitlatings is een van die redes waarom ek nie met hom kon saamwerk nie.”

Trollip verwag die hof sal Donderdag of Dinsdag uitspraak lewer in die DA se aansoek om die mosie van wantroue ter syde te stel. Die party en sy koalisievennote is vervang deur ʼn groepering van onder meer die ANC, die EFF en die UDM, met dié party se Bobani as die nuwe burgemeester.

“Hy is nie redelik nie,” sê Trollip van sy opvolger, “en maak sulke uitlatings met die goedkeuring van [die UDM-leier] Bantu Holomisa”. Maar hy waarsku kiesers sal hul teenstand teen sulke stelings baie duidelik maak.

Gevra of hy daarmee bedoel die DA voorsien dat hy die metro in die munisipale verkiesing van 2021 met ʼn volstrekte meerderheid sal wen, sê Trollip: “Dis nog baie lank in die toekoms, maar ons is vasbeslote om dit te kry.”

Volgens hom is die eerste uitdagings om die stemmery waartydens die mosie van wantroue in hom geslaag het, ongeldig te verklaar. “As ons nie slaag nie, sal ons hard werk in die opposisiebanke om te verseker dat ons in 2021 ʼn volstrekte meerderheid behaal.”

Trollip erken sy kans om binnekort weer burgemeester te word, lyk skraler vandat die Patriotiese Alliansie (PA) se enigste raadslid, Marlon Daniels, sy steun aan die DA-koalisie onttrek het. “Dis die tweede keer dat hy dit doen. Dit raak nou ʼn gewoonte.”

Hy voorspel die PA sal dieselfde met die ANC-groepering maak. “Ek twyfel of hulle op die PA sal kan staatmaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kierie ·

Die betalende belastingbetalers moet maar eenvoudig net ophou belasting betaal.

Marius ·

Kierie jy slaan die hammer op sy kop hy kan nie net die geld van die betalende burger vat en weggee waar val hy uit.STOP BETAAL

christa ·

let wel, minder gegoede mense is nie die blankes nie. Blankes is nie minder gegoedes nie al bly hulle ook in wit plakkerskampe. Dis net ‘n ander manier om ander te verryk.

Johanna Botha ·

So moet die wat betaal niks kry nie …….Huh ? Regtig die mense is besig om die wat wel betaal te laat ophou betaal ….WAT DAN ?

Wilma ·

Mnr Trollip in 2021 is hierdi land so verval dat niemand ons uit die gemors kan kry ni

alida ·

Ongelukkig kan ons nie ophou belasting betaal nie. Jou werkgewer trek dit af en betaal dit oor aan SARS. Ons hande is afgekap. Dit is skreiende skande dat hy wil hê net die agtergeblewes moet voordeel trek. Wat van die wit plakkerskampe !!!!!

Gert ·

Alida die verwysing is na eiendomsbelasting en nie die LBS (PAYE) wat van ‘n salaris afgetrek word nie.

Johan ·

Ek wil net vir die DA sè kom by en kies ñ vrou wat hulle kan ly aseblief anders Kan julle vergeet

GP ·

En hoeveel geld gaan verdwyn nog voor dit by die sogenaamde areas uitkom

Nettie ·

Ons sal sien hoe vinnig mnr. Die Burgemeester van “tune” verander as die werklike belastingbetalers in NM Baai Metro ophou om hul ‘rates & taxes’ te betaal – as die geld alles aan die ‘townships’ en woongebiede in PE-Noord moet gaan, dan moet húlle maar opdok vir alles, of wat sê ek?

Anoniem ·

Julle sal maar dieselfde moet doen as die Sannieshof inwoners – betaal erfbelasting in ‘n spesiale rekening in en sorg self dat onderhoud gedoen word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.