Trollip sê nee vir adjunk se luukse motor

Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelbaai-metro. Foto: Facebook

Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelbaai-metro. Foto: Facebook

Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelbaai-metro, het vandeesweek ʼn stokkie gesteek voor die koop van ʼn luukse nuwe Audi Q5 vir die adjunk-burgemeester wat deur die vorige administrasie aangevra is.

Trollip het in ʼn verklaring gesê die vorige administrasie het die aankoop van die voertuig voorgelê, aangesien die adjunk-burgemeester se bestaande voertuig nie meer diensbaar was nie. “Na oorweging het ek besluit om die bestelling aan te pas na ʼn meer bekostigbare voertuig wat plaaslik vervaardig word, teen byna helfte van die prys, naamlik ʼn VW Tiguan,” het hy gesê.

Hy het gesê die burgemeestersmotor word in lyn met die metro se nuwe kostebesparingsmaatreëls ten volle deur VW geborg en die speaker se munisipale voertuig is ʼn tweedehandse Toyota Fortuner. Al die lede van die burgemeesterskomitee en ander raadslede gebruik hul persoonlike voertuie.

“Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit sal nie meer duur luukse motors aankoop nie. Die geld wat op luukse voertuie bestee sou word, sal nou gebruik word om dienslewering te verbeter en die ekonomie te groei om werksgeleenthede te skep,” het Trollip gesê.

Trollip het vroeër ook aangekondig dat geen Nelson Mandelabaai-amptenare of openbare verteenwoordigers meer toegelaat sal word om op plaaslike vlugte eerste- of besigheidsklas te vlieg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Cherokee ·

As Arthol Trolling jou nou raaklees sny hy jou subsidies ook!

Lizelle ·

Die DA beïndruk my al hoe meer. Hou so aan DA. Julle maak ons trots

Jakkalas ·

Mooi so Mnr Trollip. Al die bietjies maak ‘n baie groot verskil op die lang duur. Die mense gaan bly wees wanneer daai verskil sigbaar is deur werksgeleenthede wat geskep word.

Lance ·

Maak skoon dis reg ! En maak vuur onder die mense om hulle werk te doen …as hulle presteer dan kan mens weer kyk na n kar …genade netnie SO n duur ene nie asb

Justice ·

Man ek hou al hoe meer van hierdie Trollip – hy voeg daad by die woord. Ek hoop dat die DA nog Trollips gekloon het om die land reg te ruk.

lilipit ·

Lei deur jul goeie voorbeeld. Knap gedaan DA. Julle gee opnuut betekenis daaraan om dienaars van ons land te wees. In diens, en diensbaar!

Tong innie kies ·

Koop vir hom n Fiat Uno.Hy gaan hom ook tot by sy bestemming vat.

S ·

Mooi DA en Trollip. Ons sien daar word daad by julle woorde gevoeg. Baie dankie ….. DJT maak ons trotse stemmers vir jul . Hou so aan en bou voort daarop.

jaco ·

As ek die burgermeester is, sal ek raadslede wat reeds hulle eie motors het dwing om hulle eie motors te gebruik. Logboeke moet net behoorlik bygehou word om petroluitgawes vir amptelike ritte terug te eis.

snoefie ·

gee daai man n bells. ek hoop hy maak sommer giu ook korte metre met die sudente betogings. Maggies sommige “students” blyk in hulle 30’s en 40’s te wees.

Burger ·

Onthou plaaslike inhoud. Hy sal maar ‘n Three Ships moet kry

jaco ·

‘n VW Tiguan en ‘n Toyota Fortuner, selfs tweedehands, is ook maar lekker duur. ‘n Hyundai Getz kan mos ook die adjunk-burgermeester van punt A na punt B bring? Waarom MOET die motor nou hoegenaamd luuks en duur wees? Soos wat die ANC by die ou NP van rasseklassifikasie geleer het en dit nog steeds toepas, leer die DA nou by ANC hoe om belastingbetalers se geld te mors. Die skaal en hoeveelheid is miskien net bietjie kleiner

Armando ·

Jaco, wat jy sê is onwaar en ook ‘n verdraaiing van die waarheid. Glo my, gedurend daai tye het ons gesukkel, maat, gesukkel! Daar was ‘n motorpoel en as jy êrens heen moes gaan vir werdoeleindes het jy ‘n logboek ingevul. En van ons (soos die uwe) was ingenieurs, met miljoen-rand kontrakte waarvoor ons verantwoordelik was. Maar miskien het jy daardie tye nie eers bestaan nie, en ook maar daarna die ANC-propaganda gehoor dat ons in daardie tye net so spandabelrig was. Ek het nuus vir jou, maat.

LS ·

Whoop, Whoop – Mooi so Mnr Trollip – wel gedaan – hou so aan !!!

neelsie ·

Gee aan die mense n “single cap’ bakkie, dan kan hulle sommer die strate skoonhou op pad werk toe!!

Aitoggie ·

Ai Mnr Trollip, ek wens jy was die Burgemeester van Rustenburg!!!! Ons het so iemand soos jy bitternodig in hierdie Rustenburg wat uitmekaar val.

Uvonka ·

Goeie werk DA. ‘N bicycle sonder ‘n klokkie sou ook voldoende wees.

ND ·

Die DA moet nou van alle kante af probeer spaar om die gaos wat die anc gesaai het te probeer reg maak.Hkm hul nogsteeds in luukse voertuie wil rond rits is nonsens daai R400 000 of R500 000 wat op n luukse voertuig gemors word kan vir ander doeleindes aan gewend word.Dis reg mnr trollip sit jou voet neer en wys hulle hoe mens met belasting betalers se geld werk.

Koos1 ·

Nee Mnr. Trollip, gaan leer by jou ampsgenoot in Tshwane. ‘n Toyota Corrola of i20 sou die selfde werk kon doen en is nog goedkoper. Die VW Tiguan se intree model kos R372 500 sonder enige extras. “n Toyota Corrola kas R256900. Siedaar nog ‘n bespaaring van R120 000!

ig ·

Koop vir hulle n Chana Double Cab,dit sal die raadslede in n goeie lopende toestand hou.

Varkie ·

Ek stem volkome saam met julle en die burgermeester, en ek ry self n klein kar, maar jy sien mense, veral die jonger generasie, hou nie daarvan as jy op die hoofweg ry en jou kar begin spoed verloor oor die gebrek aan wringkrag nie… so jy moet n mooi groot duur motor kry, en natuurlik meer plek vir kinders en kruideniersware

Johan ·

Regstelling: Die VW Tiguan word NIE in SA vervaardig nie, maar word ingevoer vanaf Wolfsburg in Duitsland. Die enigste VW’s wat in SA se Uitenhage fabriek gebou word is die Polo Vivo en Polo self.

Indien hulle ‘n SA-vervaardige kar wil ry, gaan hul nog meer moet afskaal…

Magda ·

Johan jy is heeltemal reg die voertuig word nie hier vervaardig nie, so dan moet hulle maar ‘n Polo ry.

ANDRE ·

En dan kan hulle met al die bespariings doen wat hulle eintlik moet doen , nl diens aan die gemeenskap! Al die munisipaliteite en metros is veronderstel om so te werk .

jo ann ·

PUIK DIENSTE die hele parlement moet uit sulke mense soos Trollip bestaan ons land sal dalk iewers kom sonder om so bankrot te raak met mense wat nie weet hoe om te regeer

Poppie ·

Wat maak hulle beroep so anders as enige ander? Ons `gewone` mense moet self sorg vir ons wiele? Hulle ry tog seker ook nie heeldag rond want dan is dit in elk geval die rede dat daar niks uitgerig word!

Mampara ·

As ek reg gelees het word die bugemeester se kar deur VW geborg. So nou moet hulle maar die ander een by VW koop??? Laat my aan die Mercedes vir die wapenkontrak ding dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.