Trompop botsing eis 4

Die foto is deur Maroela Media verbloem weens die grafiese aard daarvan. (Foto: Verskaf)

Die R43 tussen Gansbaai en Pearly Beach in die Overberg is steeds gesluit nadat ʼn trompop botsing op dié pad Vrydagoggend die lewe van vier mense geëis het. Twee ander is ernstig in die botsing beseer.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Africa het ’n Mazda-bakkie en ’n Izuzu-bakkie tussen 10:30 en 11:00 reg van voor gebots. Nooddienste is na die toneel ontbied terwyl die pad vir motoriste afgesper is.

Die beseerdes is vanoggend per helikopter na hospitale geneem vir dringende mediese behandeling, het Africa gesê.

Dit is op die stadium onduidelik wat presies gebeur het. Die polisie was wel op die toneel om ondersoek in stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Doodstraf vir dronk ·

Dronkes agter stuurwiele verdien doodstraf. Dalk was dit nie die geval hier nie maar in die algemeen, dronkes wat bestuur verdien doodstraf.

Muffin ·

DV ek dink nie dit is dronk bestuuur nie. Nie 10uur in die oggend nie. Ek dink haastigheid en verby steek op n sperstreep. Ongedulligheid.

'n Local ·

Hierdie is nie verniet die “poachers highway” nie — en om die verkeer regdeur die nag te beskryf op hierdie pad het ek hopeloos te min woorde oor!

Bokkie ·

Ek dink presies dieselfde. Op daardie spesifieke gedeelte het ons onlangs tenminste 100 “poachers” gekry om nie te praat van d bakkies nie. Na vele oproepe geen reaksie gekry. Hulle weet d publiek is magteloos en lag net vir jou!

André ·

Ek het al gehoor hulle noem die pad The Smugglers Hughway ~ en steeds staan wetstoepassing koud teenoor die oortreders.. ek dink hulle is bang vir d smokkelaars vir twee redes..
Smokkelaars betaal goed vir stilswye, en
Smokkelaars is fisies fikser en sterker as enige uniform draer..

IK ·

Kanse vat op ons paaie is algemeen. Die ironie is dat dit begin met klein kansies vat en daarmee weggekom word. Die kansies vat ontaard in lekker groot kanse vat en dan op ‘n dag . . . Sterkte aan die onskuldiges en ook aan die paramedici wat blootgestel word aan hierdie tonele asook diegene wat opruimingswerk moet doen net doodeenvoudig a.g.v. die onbesonne optrede van een persoon. Die lewens van vele is hierdeur onherroeplik verander.

Eben ·

My simpatie aan die familie. My skoonseun werk in OosLondonen ry elke naweek PE toe en terug. Motoriste ry baie oor sperstrepe om swaarvoertuie verby te gaan. Mens is kort kort net ‘n paar sekondes van jou dood af. Al wat mens kan doen is stadig te ry om jouself kans te gee om uit die pad te kom van die aankomende voertuie. Dit veroorsaak ook weer dat motoriste agter jou ongeduldig raak en veeby jou ry en nog ‘n gevaarlike situasie skep. Hoe dit ook al sy, ons paaie is baie gevaarlik. Dit sal eers verbeter as ons behoorlike wetstoepassers het en mense hul persoonlike gedrag verander.

Gemaskerde Sopbeen ·

Weereens…..gaan kyk na die foto…en sien dat daar ‘n soliede wit lyn is. Solank as wat mense nie verstaan waarom daar ‘n soliede sperstreep is, en dit respekteer nie….so lank sal kop-aan-kop botsings gebeur….Ek ry gereeld tussen die Wesrand en Potchefstroom….daar kon net sowel GEEN sperstrepe geverf gewees het nie!!

André ·

Ek het al gehoor hulle noem die pad The Smugglers Hughway ~ en steeds staan wetstoepassing koud teenoor die oortreders.. ek dink hulle is bang vir d smokkelaars vir twee redes..
Smokkelaars betaal goed vir stilswye, en
Smokkelaars is fisies fikser en sterker as enige uniform draer..

Die Skim ·

Die Wes Kaap het n ernstige probleem om met wetstoepasing. Waar is die so genamde ‘Spook Spietkop’ wat as ons mense so sneewel op ons paaie. Hulle is mos veronderstel om dié probleme aan te pak soos hoë spoed oortreding – roekeloos bestuur -ondagsame bestuur – verbysteek op solide witstrepe . Hulle ry die hele Wes Kaap rond om die arme publiek te Boelie by stortings tereine – vir tru liggies-flier liggies -winskerm veërs – toeterse – daar waar geen ongelukke plaasvind nie. In munisipaleteit gebede terwyl daar plaslikke beamptes is – Hulle veroosak net obstruksie gedurende spits tye om hulle magsposisie ten toon te stel. Dit vir my voorkom asof hulle net boets uitskryf om te wys hulle werk – Kom hof dag is die beamptes in die Kaap hulle woon nie howe by nie . En as jy onskuldig pleit word jou sak terug getrek want die staats getuie is nie teenwoordig nie . So mors hulle manne krag en finansiële uitgawes van belasting betallers. Kry julle prioriteite in plek asb!

Die Skim ·

Ek stem saam wetstoepasing is n ernstige probleem in die Wes Kaap. Waar is die so genamde ‘Spook Spietkoppe ‘ wat dié brobleme soos-hoë spoed -roekelose bestuur- ondagsame bestuur – verbysteek op solide witstrepe moet aanpak. Hulle ry die hele Wes Kaap rond om die publiek voor te lê by stortings tereine se hekke vir tru liggies-flikker liggies – winskerm veërs ens.

Docpietza ·

Gemaskerde sopbeen: soliede sperstreep net aan een kant???

ChrisE ·

Daar is verskeie redes hiekom daar so baie ongelukke op ons paaie is.
1. Mense tot en taal onbevoeg om enige gemotoriseerde voertuig te bestuur.
2. Totale miskenning argeloosheid van padreëls. Wetteloosheid.
3. Spoed.
In Noorwee hou hulle padblokkades vir dronkbestuur in die vroeg oggend. Hulle trap baie ouens dan vas.
Ek praat nie dronkbestuur goed nie. As mens na die statistieke kyk, hoeveel dronkbestuurders is werklik in ongelukke? Daar moet ook gekyk word na mense wat onder medikasie is wat kar bestuur. Hulle is skuldiger as die manne wat dop en dryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.