Trompop botsing eis lewe van vyf in Vrystaat

Die ongelukstoneel op die R57 naby Heilbron. (Foto: ER24)

Vyf mense is dood in ’n trompop botsing vroeër vanmiddag (Vrydag) op die R57 naby Heilbron in die Vrystaat.

Volgens inligting het ’n vragmotor en ʼn motor sowat 15 km buite dié dorp reg van voor gebots.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die nooddienste het omstreeks 13:45 op die toneel aangekom en die twee wrakke ineengestrengel langs die pad aangetref.

Drie vroue en twee mans was in dié stadium nog in die motorwrakke vasgekeer. “Al vyf is op die toneel dood verklaar,” sê Meiring.

Die bestuurder en ’n passasier van die vragmotor het die ongeluk ongedeerd oorleef.

Die plaaslike owerhede was vanmiddag op die ongelukstoneel om verder ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Renet ·

Die Heilbron-Sasol pad is n nagmêrrie!! Die potholes is diep en baie! Karre swaai onverpoos uit vir die diep gate– met die gevolg dat mens nie net voor jou moet kyk nie– maar ook vir aankomende verkeer — omdat dit maklik gebeur dat iemand voor jou uitswaai!! Hierdie pad het al talle lewens ge- eis–

JM ·

Hoe bots jy kop aan kop, tensy jy die verkeersreëls blatant verontagsaam. In uitsonderlike gevalle is dit ‘n band wat gebars het. Dalk nie ‘n geldige bestuurslisensie nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.