Trompop botsing eis twee

Die motor en vragmotor se wrakke. Foto: ER24

Die motor en vragmotor se wrakke. Foto: ER24

Twee mense is dood nadat ʼn vragmotor en ʼn motor Donderdag naby Upington in die Noord-Kaap reg van voor gebots het.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het op die N14 plaasgevind.

“Die twee mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Rossouw gesê. “Nog ʼn persoon is in ʼn kritieke toestand in een van die twee voertuie se wrakke aangetref.”

Paramedici en ander nooddienswerkers moes die man uit die wrak sny. Hy is op die toneel behandel en na die Mediclinic Upington geneem vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Xa ·

Lyk na n wit lyn in middel van pad. Is dit weer iemand wat witlyne geignoreer het wat die ongeluk veroorsaak het?

IT ·

Ja die witlyn is geignoreer maar niw deur die vragmotor nie maar wel deur die motor.

Kiepie ·

Nee Xa en IT. Dit wat julle aansien vir die wit streep is eintlik die geel polisie-band wat gespan is om die gebied af te sper. Kyk mooi na die foto dan sal julle sien die gebroke wit lyn loop regs van die ambulans verby. Soms is ‘n ongeluk net ‘n ongeluk en nie altyd nalatigheid.

Werner ·

Was jy daar IT? Ek is seker die polisie sal graag jou weergawe wil hoor. Dis n familie lid wat daar dood is…so tensy jy daar was en in die hof sal getuig wat gebeur het, hou eerder jou kommentaar vir jouself

Kiepie ·

Kyk bietjie mooi na die foto!! Die remstrepe wat van heel die teenoorgestelde kant van pad af kom laat my dink een van die bestuurders het beheer verloor oor sy voertuig (moontlik ‘n band gebars) voor die ongeluk. Hoekom moet ons wat nie daar was nie altyd eers probeer om skuld toe te deel. Geen normal regdenkende mens waarvan ek weet sal willens en wetend ‘n noodlottige ongeluk veroorsaak nie. En nog minder as jy betrokke gaan wees in die ongeluk nie.

Ria Steyn ·

vragmoters gee nie om hoe hulle ander voertuie of vragmoters verbysteek nie hulle gee nie om vir ander padverbruikers nie ons self moes heel aftrek van die pad sodat n vragmoter die ander een kan verbysteek hulle verbreek eenvoudig die padreels

Louise ·

Wat my kwaad maak, is hulle kom weg daarmee.
Jy kan sy baas bel jy kan maak net wat jy wil, hulle voel niks.
Hoe kan hulle dan seer kry in n swaar voertuig, hulle sal bo-oor jou ry man.

Xa ·

Ja hulle kom weg daarmee en gee niks om nie. Ek het al gehoor van besighede met vragmotors en busse wat hulle bestuurders aktief aanmoedig om ongelukke te maak sodat hulle versekeringgeld kan kry.

JOHAN ·

Almal van julle wat so uitvaar teen vragmotors . Letwel dit is nie ”n vragmotor nie maar wel n bussie so groot soos n sprinter wat met ‘n motor gebots het en alles dui daarop dat die motor die skuldige was. So hou asb op om te oordeel.

anette ·

Jip dit was ‘n bussie en kar. Net jammer die een jong man in die bussie was net 21jaar oud. Nog indiens. Baie sterkte aan die man ook in die bussie-ons vetrou vir volkome herstel. Dit is nog meer hatseer as dit mense is wat jy ken en ontskuldig was en sterf en SO seerkry. Sterkte aan die gesinne met herstel en verlies.

Jan ·

Ek het al 2 bande gebars op 120 en my vrou 1. Ons kon steeds die voertuie beheer. Sê maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.