Trompop botsing eis twee

Argieffoto.

Argieffoto.

Twee mense is Sondagmiddag dood en vyf beseer nadat twee voertuie mekaar reg van voor op die N2-snelweg naby die Mpoza-afrit in Zululand, KwaZulu-Natal, getref het.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, en word deur die polisie ondersoek.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die twee mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Van die beseerdes was in die wrakke vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word,” het Botha gesê.

Die pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na verskeie nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.