’n Trompop botsing op die N17 tussen Trichardt en Kinross in Mpumalanga het Woensdagaand die lewe van vier mense geëis.
Die oorledenes sluit in die onderskeie bestuurders van die twee voertuie wat teen mekaar gebots het en twee passasiers. Al vier is op slag dood.
Nog vier passasiers is ernstig beseer en gisteraand na ’n nabygeleë hospitaal in Trichardt gehaas. Die pasiënte is intussen na die provinsiale hospitaal in Evander oorgeplaas vir verdere mediese behandeling.
Die presiese besonderhede van die botsing was teen Donderdagoggend nie bekend nie.
Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, sê egter dit word vermoed dat die ongeluk aan oortreding van die padreëls toegeskryf kan word. ’n Ondersoek is van stapel gestuur.
Shongwe doen opnuut ’n beroep op motoriste om die padreëls te gehoorsaam. Dit, sê die LUR, sal sterftes en beserings op Mpumalanga se paaie drasties verminder.
“Alle bestuurders moet verseker dat mense en goedere veilig op die pad vervoer word. Om die reëls te gehoorsaam en bedagsaam te bestuur is ononderhandelbaar, en almal moet daaraan voldoen.”
As daar een plek is waar daar gerus meer aan gewerk kan word is dit die bewusmaking deur meer teenwoordighied van verkeers beamptes op ons paai. Hier in die Karoo is die mense so laks hulle stop nie eers meer by Stop strate in die dorp nie. So leer ‘n mens slegte bestuurs gewoontes aan wat eskaleer na verdere roekeloose bestuur.
Karoo, jy moet Pretoria se middestad sien. As jy nie ry soos die taxis nie, dan gaan jy gestamp word of absoluut nêrens kom nie.
Dan moet jy Wes-Kaap toe ook kom, hier gaan dit rof
ek dink die slaggate het ook baie met van die ongelukke te doen swaaidalk uit vir slaggat en dn is jy binne ander kar dalk as slaggate reg gemaak word sal dit al baie beter wees
Min mense ken die padreëls…ons doen net Soos ons lus kry…
Dis bykans 99.9% van alle botsings is omdat die reëls deur een of meer partye nie nagekom word nie. Die oplossing is om dit af te dwing, maar nee, politikuste en ministers word begelei deur ‘n trop motorfietse met verkeersbeamptes, en breek die reëls soos hulle gaan.
Ek sal liewer die politici vra om dit af te dwing en nie hierdie vreemde “politikuste” nie.
Een van die grootste bydraende probleme is dat die treinspore leeg is en die paaie vol is. Dit is ‘n groot probleem veral in die platteland. Daar is daar nie ‘n N1 of N2 wat in ‘n beter toestand is nie. ‘n Vergadering op ‘n ander dorp wat, byvoorbeeld 70 kilometer ver is, word ‘n 4 ure uitstappie. Van die 4 ure spandeer jy 3 ure net op die pad.
Die provinsiale verkeersbeamptes se voertuie staan geparkeer by Builderswarehouse in Secunda en nerens is hulle in sig en al wanneer jy hulle sien langs die pad is wanneer hulle by die kruising regoor hul kantore sit en pap en vleis eet in Kinross. Die N17 vanaf Springs tot in Piet Retief is die pad van die dood. Die enigste wat daardie stuk pad patrolleer is die SAPD en mense voel vere vir hulle.
Die probleem is, baie mense op die pad weet nie wat die basiese pad reels is nie, want hulle koop hul lisensies by korrupte amptenare. Daar word beweer tot 75% van pad gebruikers het hul lisensie op verdagte wyse bekom. MAW, gekoop.
Hier aan die Oos-Rand spandeer die Metro Polisie hul tyd by OR Tambo lughawe. Die ganse EMPD is daar teenwoordig, maar soek hulle nou by ‘n verkeerslig wat buitewerking is, of ‘n ongelukstoneel, dan skitter hulle in hul afwesigheid. Karoo, verkeersligte en stopstrate beteken NIKS vir 80% van motoriste nie. Ons eie mense stop nie eers meer nie, dis nie net die taxi’s wat die reëls oortree nie.