Trompop-botsing in Pretoria eis lewe

Die bakkie se wrak. Foto: Netcare 911 / Twitter.

Die bakkie se wrak. Foto: Netcare 911 / Twitter.

Een persoon is dood en drie beseer toe ʼn Toyota Fortuner en ʼn Isuzu-bakkie mekaar Saterdagaand reg van voor Pretoria se Moot-gebied getref het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Soutpansbergweg in Queenswood plaasgevind.

“Dit is nog nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie. Dit word deur die polisie ondersoek,” het hy gesê.

Van die beseerdes was in die voertuie se wrakke vasgekeer en moes deur die Tshwane-nooddienste losgesny word.

Een man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “ʼn Vrou en twee ander mans het ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.”

Foto: Netcare 911.

Foto: Netcare 911.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Op Google Earth is dit 80km/h tussen Stead (M7) en Tom Jenkins met ‘n oop en dubbel pad in beide rigtings. Jy is reg anita. Ook is die GEDULD ‘n ronde NUL. Jaag bring jou nêrens, inteendeel dalk die ewigheid in wat tog darem êrens is. Natuurlik is voortkruie op die pad ook roekelose bestuur waar jy ander motoriste goed opwen en hulle kanse begin vat om by jou verby te kom.

anita ·

Ek bly in witbank, en hier ry niemand 60 in n 60 km pad nie,,, nee hul ry dubbel daai spoed…ry oor rooi roborte..oor stopstrate..hier is geen wet op ons paaie nie..kyk hoe verdubbel ons padongelukke!!! Hier gaan nie n dag verby met n ongeluk of 2 nie!

wieweet ·

Mense met Frortuners wil mos almal voor hulle uit die pad he. Die mees arrogante bestuurders in Pretoria ry Fortuners. Sal julle leer………………………..

Helga ·

Hallo jy, ons was in die fortuner – oppad na die kruger wiltuin (vakansie). Dit is bitter onregverdig om alle fortuner bestuurders onder die selfde kam te skeur. Ons dank die Here ons lewe. Die voertuig wat in ons vas gery het, het oor gekom in ons baan tot in die tweede baan. Ons het die hele tyd probeer uitswaai. Mag jy nooit in so ‘n situasie wees nie. Ek sê net elke dag dankie ek, my man en my kind lewe.

Banks ·

Nee ek dink nie almal wat Fortuners ry is arrogant nie, daai tyd in die oggend ure moet almal heen en weer kyk ongeag of die lig groen is. Daardie is ‘n doodspad en vroeer daai aand was daar nog ‘n ongeluk in Stead.

Paplepel ·

Saterdagaand? Bokke het gewen, braaivleisie êrens, lekker partytjie gehou, op pad huistoe. Ek dink Jack Daniels of Richelieu het help bestuur.

Susan ·

Weet enige een wie het besteur. Onthou net almal kyk nie rugby nie Paplepel. Dit was regtig ‘n ongevraagde kommetaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.