Vyf mense is Woensdagoggend dood nadat ʼn motor trompop met ʼn vragmotor op die N11 naby in KwaZulu-Natal gebots het.
“Paramedici het die motor se wrak in die middel van die pad aangetref en die vragmotor het ʼn ent verder aan die kant van die pad gestaan,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die vyf mense was reeds dood en hul liggame was in die wrak vasgekeer.”
ʼn Sesde persoon in die motor het matige beserings opgedoen. Paramedici het die pasiënt uit die voertuig gehaal en met ʼn ambulans na die Northdale-hospitaal geneem vir behandeling.
Volgens Meiring moes die brandweer meganiese toerusting gebruik om die oorledenes se liggame uit die wrak te sny.
Die bestuurder van die vragmotor het geringe beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem vir waarneming.
Owerhede ondersoek die ongeluk.
Al die ongelukke in KZN en daar is altyd trokke betrokke by ongelukke.