Trompop botsing naby Warden eis vyf

Die motor se wrak. Foto: Verskaf

Die motor se wrak. Foto: Verskaf

Vyf mense is dood nadat ʼn vragmotor en ʼn motor Maandagoggend op die N3-suid naby Warden in die Vrystaat reg van voor gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê vyf insittendes in die motor, vier volwassenes en ʼn kind, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

“Die mense se liggame was in die wrak vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word,” het Botha gesê.

Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie maar erg getraumatiseerd.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

LEN ·

Pad reëls is daar vir almal om te gehoorsaam. Wel, die ongeluk was tragies. Ek dink nie die vragmotor het die reëls oortree nie.

Paul ·

Dit wil voorkom asof die botsings al hoe meer intens raak. Kyk hoe lyk die wrakke deesdae. Spoed dalk tog wel die oorsaak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.