Trompopbotsing in Vrystaat eis lewe van 3

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Drie mense is dood en 21 beseer toe twee minibustaxi’s Donderdag reg van voor in die Vrystaat gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het op die R26, sowat 15 km buite Ladybrand plaasgevind.

“Dit is nog nie duidelik wat tot die trompopbotsing gelei het nie. Met paramedici se aankoms op die toneel is een taxi se wrak in die noodlaan aangetref en ʼn groter taxi aan die kant van die pad. Albei taxi’s is erg beskadig,” het Meiring gesê.

Die bestuurders van albei taxi’s was reeds dood toe hulle ondersoek is. Hul liggame was in die wrakke vasgekeer.

“Nog vier mense was in die taxi’s vasgekeer en reddingswerkers moes meganiese toerusting gebruik om hulle te bevry.”

Twintig mense het beserings opgedoen wat strek van matig tot ernstig. Twee mense is in ʼn kritieke toestand na nabygeleë hospitale geneem. Een van dié pasiënte, ʼn vrou, is by haar aankoms in die hospitaal dood verklaar.

Die Ladybrand-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marie Salzwedel ·

Die regering probeer spoed blameer vir al die ongelukke maar in feitlik elke ongeluk is n taxi betrokke. Wanneer gaan die regering besef dit is mense wat geen padreëls nakom en hulle word toegelaat on daarmee weg te kom, wat die oorsaak van die hoë ongeluksyfer in ons land is!!!! Al bring hulle die spoedgrens af na 100km per uur gaan dit geen verskil maak nie!!

Andrea ·

Jy is heeltemal reg. Dis ongedissiplineerdheid en wetteloosheid wat die hoë ongeluksyfer tot gevolg het.

Tiger ·

Sou hulle net die handhawing van huidige spoedgrense behoorlik afdwing SAL dit ‘n groot verskil maak maar dit gebeur net nie.So om spoed perke te verander gaan beslis niks help nie want daar is geen wetstoepassing nie.Elkeen ry so vinnig as wat hy wil.

goga ·

Ons is die wat moet kyk waar hulle ry, ons het n dash cam daar is rillers van hoe die motors en taxi’s ry hulle het geen respect vir voettuige wat van voor af kom nie ..hulle ry teen 130km verby you op n sperstreep op n blindehoogde die aankomende verkeer moet maar uitdie pad as hulle nie in kop aan kop botsing wil wees nie

Size ·

Myne is toe groter as joune maar nie groot genoeg . . .
Ek stel voor dat die voorste drie (?) rye van ‘n taxi gebruik moet word as ‘n buffer met dus geen insittendes.

André ·

“Dit is nog nie duidelik wat tot die trompopbotsing gelei het nie.”
Ons almal weet hoekom…

Frans ·

Hou ingedagt taxi driver ry soos hy wil in die town ships en nou word dai waaghals op die publick paie toegelat wa onskuldige mense ry wat verwag jy gan gebeur

Aneja ·

Wil saak ondersoek vir strafbare mansslag, Al was dit onpadwaardigheid beteken dit niks die bestuurders het verhuis adres permanent onbekend, onopspoorbaar.

Bokkie ·

In die jare toe hulle nog fietse gery het was dit baie veiliger.Maar nou ry hulle op paaie waar onskuldige motoriste wat wel hulle padtekens ken en wettige lisensies het ook saam.En vir hulle is n Taxi soos n speelding maar eintlik is dit n tydbom wat wag om te ontplof.

goga ·

Padreels is net vir seker bestuurders .. dit geld nie vir taxi’s nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.