‘Tronk die veiligste vir Zuma’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die Demokratiese Alliansie het Maandag tydens ʼn mediakonferensie in Kaapstad gesê dit is in die beste belang van die land dat pres. Jacob Zuma afgedank en vervolg word.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê Zuma en sy “korrupte trawante” moet met onmiddellike effek die trekpas kry en dat Suid-Afrika nié teruggehou moet word deur die besprekings tussen Zuma en adj.pres. Cyril Ramaphosa nie.

“Ons kort vinnige en beslissende aksie,” het hy geëis.

Dit volg nadat Ramaphosa verlede week in sy hoedanigheid as president van die ANC ’n verklaring uitgereik het oor die onsekerheid rondom Zuma se toekoms as president van Suid-Afrika.

Verskeie opposisiepartye het al na Zuma én Ramaphosa gekap en onder meer beweer dat die gesprekke tussen die twee partye geen vrugte afwerp nie.

Die EFF het onder meer geëis dat die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma, wat vir 22 Februarie geskeduleer is, vroeër aangehoor word, maar dié versoek is glo Maandag deur speaker Baleka Mbete geweier.

Maimane het ook tydens die konferensie oor gerugte dat Zuma beskerming soek in ruil vir sy bedanking gesê dat daar “geen veiliger plek as ʼn maksimumveiligheidsgevangenis” is vir Zuma nie.

Die ANC hou intussen Maandagmiddag ʼn spesiale vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee (NUK) waar daar oor Zuma se toekoms besluit sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Han ·

Sluit hom toe en gooi die sleutels weg! Hy verdien nie om vry rond te loop nie.

Hannatjie ·

Hulle hou darem nou hoe lank al spesiale vergaderings! Is dit dalk oor al die lekker eetgoed en drinkgoed wat daar bedien word, dat hulle nie kan/wil klaarkry nie?

Ella ·

My gedagte ook: al die lekker eet en drink by Irene Country Estate. Die man gaan nog n albatros word om ons nekke vir jare hierna – dis wil se as hy oorreed kan word om te gaan.

Popeye ·

Nou die klein klip in die groot bos….die DA en EFF neem baie sterk standpunt in t.o.v hierdie kwessie. Die VF+ , Solidariteit en ons andere, handhaaf maar ‘n lae profiel in uitsprake en veral DOEN (lees opmars na Unie gebou ens.) Wat sê Popye….hy se ons is geresuseer tot politiek-korrekte agterbankers…hoekom? Moet my nie die simpele retoriek toeswaai van ” wat maak jy Popye “nie wat dan mis jy die punt. Boerevolk was nog altyd te akkomoderend,te oordentlik.

PJC ·

Kan nie help om te glimlag oor die idee van JZ in ń oranje oorpak nie. Miskien lag hy dan ook daardie kostelike laggie van hom as dit gebeur. Dit sal nogal baie snaaks wees.

Tammy ·

Ag nee wat, hier is meer om die lyf as wat almal dink! Hoekom neem Cyril Ramaphosa nie standpunt in en gee die finale antwoord nie? Hy en Zuma kuier lekker saam en gesels nog lekkerder. Ek is nou al vreeslik ongeduldig. Dis net die DA wat sterk standpunt inneem. Ek het van die begin af getwyfel in Mnr Ramaphosa, siende van waar hy kom? Die spreekwoord se nie verniet “jy moet weet waar vandaan jy kom om vorento te weet warheen jy oppad is….. Dit bring vertwyfeling in my hart!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.