Nagenoeg 2 200 gevangenes by die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein word deur ʼn watertekort geraak nadat die gevangenis se watertoevoer Donderdagaand “drooggeloop” het.
“Watertenks en emmers is aan die gevangenis verskaf om aan die gevangenes se minimale waterbehoeftes te voldoen nadat ʼn hoofwatertoevoerpyp gebars het,” het die Vrystaatse departement van korrektiewe dienste in ʼn verklaring gesê.
Die departement het gesê die hoeveelheid water wat verskaf word, kan slegs gebruik word vir basiese higiëne, die voorbereiding van voedsel, om gedrink te word en om medikasie te neem.
“Die departement van openbare werke is op die perseel en besig om die gebarste pyp reg te maak. Gevangenes is ook oor die situasie ingelig en versoek om geduldig te wees totdat die probleem opgelos is.”
© RDM News Wire
ALWEER J. v. R. se skuld. Eish . . .
Tog net nie die arme gevangenisse nie!!!
Arme krimenele… hoe kan ons dit toelaat.
Laat hulle bietjie water aandra. Hulle kry alles te maklik.
Die Toevoer pyp het gebars. Dit is nie agv. droogte nie.
Department hrt hulle eie spanne om dit Vinnig reg te maak, so wat is die Issue dat dit nuuswaardig is!!!
Laat die gevangenes help om die pyp te herstel teen geen vergoeding nie.
Wel gedaan Maroela – gevangenis en gevangenes is verskillende begrippe – outjies soos andre kan dalk iets leer.
@Manie…. Ènige nuus, is beter as gèèn nuus niè!
Sarie van vyf ure gelede. As die artikel nie geplaas was nie sou jy wonder hoekom?
Gaan hulle seker uit die trok los laat, want daar is nie water nie.
In die ou dae is daar put toilette gegrawe LONGDROP) – lyk my ons sal moet weer terug keer daarna toe.
Daar is mos baie ouens om te grawe –
gebluste kalk wat daagliks bo op gegooi word na gebruik !
En so mors ons net nog meer water. Kriminele is ook beslis nie op my prioriteits lys wanneer dit by basiese oorlewings middels kom nie. Stuur eerder water tenks en emmers na die vee boere vir hulle diere was so gebuk gaan onder die hittegolf.
Watertekort? Nou kry hulle seker Coke as mix!
menseregte toi toi dan word hulle vrygelaat want hoe kan die arme bloedjies dan so sukkel