Tronk toe met swanger vroue wat drink, vra adjunkminister

Argieffoto (Foto; congerdesign, Pixabay)

Vroue wat alkohol gebruik tydens hul swangerskap en veroorsaak dat babas met fetale alkoholsindroom (FAS) gebore word, moet tronk toe gestuur word, het die adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, gesê.

Sy staan aan die hoof van ʼn nasionale veldtog teen FAS.

“Om alkohol tydens swangerskap te gebruik beroof babas van hul toekoms en beroof ons gemeenskappe van soveel meer. Dit moet ʼn strafregtelike oortreding wees om tydens swangerskap te drink,” het sy Vrydag aan die gemeenskap van Keimoes, buite Upington in die Noord-Kaap, gesê. “Vroue wat tydens hul swangerskappe drink, moet toegesluit word.”

Die departement se statistiek toon dat Suid-Afrika tans wêreldwyd die voorloper is wat FAS betref. Uit 187 lande word 111 uit 1 000 persone met die toestand in Suid-Afrika gebore.

FAS word veroorsaak wanneer alkohol tydens swangerskap gebruik word. Kinders met FAS het groeivertragings en sukkel gewoonlik met leer- en ontwikkelingsprobleme. Die skade wat die kind as gevolg van die moeder se inname van alkohol opdoen, is onomkeerbaar. Enige moeder wat alkohol inneem tydens swangerskap, plaas haar baba in gevaar om die siekte op te doen. Wanneer die moeder alkohol drink, neem die baba dit ook in. Geen aanduiding kon tot nou toe gevind word van ‘n minimum-hoeveelheid alkohol wat ingeneem moet word voordat skade aangerig word nie. Daar bestaan egter ook geen bewyse dat klein hoeveelhede alkohol nie skadelik is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jj ·

Adjunkminister moet in haar spogmotor klim en net I draai deur platteland se dope ry met as kinder toelae betaal word Dan sal sy miskien sien waarvoor word toelae eindlik gebruik dis I skande soos mense drink daar gaan nie veel van toelaag na kind toe nie eerder in keelgat af .

Johann cb ·

Ek will graag sien hoe die minister hiérdie voorstel toepas!

zoom zoom ·

Sy moet ook vra dat die wat iemand doodmaak dan sommer die doodstraf kry. Dan gaan sy die heldin in SA word. Gee vir hulle kos koepons wat nie verhander kan word vir drank nie.

Anne ·

Wie wil hulle nog target. Eers die rokerd nou swager vroue. Ek wonder net wanneer bou hulle nog tronke want soos dit is loop daar meer moordenaars en geharde kriminele rond op vrye voet want daar is nie meer plek in tronke nie.

Johanna Botha ·

Ek het gehoor die vroue drink aspris sodat die kind gebore raak met die sindroom sodat hulle n verhoodge toelaag vir die kind kan kry as gestremde ….is dit waar?

Netso ·

Johanna Botha wie is ” hulle “waarna jy verwys en waar hoor jy hierdie inligting? Ek dink die minister moet eers ñ leë tronk soek voor sy met haar spog motor deur die land rits asb? Wees landwyd net op die uitkyk vir dronk voetgangers,motor bestuurders en kinders veral op toelae betaal dae !

Platteland ·

Johanna Botha, ek weet van ‘n plattelandse dorp waar tiener meisies opsetlik swanger raak as hulle nie meer lus het vir skoolgaan nie. Sodra hulle swanger is, begin hulle alkohol en dwelms gebruik nes jy dit hierbo noem, aangesien die toelaag vir ‘n gestremde kind meer is as die van ‘n normale kind. Dis om van te huil. ‘n Paar van my susterskinders is onderwysers in verskillende dorpe op die platteland en jy moet hoor hoe hard probeer hulle die FAS kinders help, meestal vergeefs.

Boer ·

Hier by ons op die platteland is vroue wat aspris drink tydens swangerskap om meer geld te probeer kry omdat hulle ‘n gestremde kind het.

Elsa ·

Die staat moet hierdie toe lae toepas soos in Europa. Eerste kind bv R100. 2de kind kry R75. 3de kry R50 en 4de R25. En dis net betaalbaar vir n jaar.

Hanna Hoekom ·

Dieselfde met MIV positiewe kinders op ARV medisyne! Hulle weerhou die medisyne van die siek kinders om die virus lading bo n sekere vlak te hou. Kwalifiseer dan vir “special grants”! Hou die kind so siek as moontlik. Hulle voel vere vir die kinders, glo my ( ek het in n kindersaal in n staatshospitaal gewerk).

Petro Potgieter ·

Beste nuus ooit dat hulle vroue wat drink tronk toe stuur terwyl hulle swanger is, en moenie rook weg gooi nie, net so skadelik

Vee ·

Ek stem!
Kan sy dan ook groot asb Mans tronk toe stuur wat ontrou is in hul huwelik?

Ouvrou ·

Liewe minister, sluit sommer ook ouers toe of weerhou kinder toelaag as kinders hul wangedra in klaskamers. Baie onnies sal skielik minder buffelagtige gedrag in hul klasse ervaar.

Mid ·

Abborsies is grotendeels in Suid-Afrika gewettigd , omtrent 99.5% seker daarvan om die wit ras te begin uitroei.
Dit en plaasmoorde.
Stap enige dag by n Mary Stopes Kliniek in en 99% vroue en jong meisies wat daar sit en wag is blankes.
Dis presies hoekom aborsies gewettigd is in hierdie land.
Dis teen die wet in Namibia -wettig hier.

GypsyZ ·

@Mid, ek dink dis stuitig om dit dink dat die wettiging van aborsies enigiets met rasse-uitwissing te doen het. Die feit dat jy so baie blanke meisies by Marie Stopes-klinieke sien het dalk moontlik meer te doen met die feit dat dit kultureel minder aanvaarbaar is vir sommige rasse om op ‘n jong onderdom een na die ander baba te he vir die maandlikse toelae. (En dalk ook dat van die kinders wat jy daar sien soms meer sakgeld kry as wat die toelae vir ‘n baba sou wees!) Alle kinders maak foute, maak nie saak wat hulle ras is nie; dis die kulturele (en soms gelowige) aanvaarbaarheid van aborsie wat die verskil maak tussen wie dit ondergaan al dan nie. En hoe bang jy is om jou ouers te vertel. ;)

Wilma ·

Johanna Botha. Antw op jou vraag. Kids met FAS kwalifiseer vir n ongeskiktheids pensioen wat beteken dit is n volle pensioen gelykstaande aan Ouderdomspensioen
En ja ek woon opi platteland waar Staats Toelae gebruik word vi drank ini meeste gevalle. Kom kyk “Allpay” dae hoe vuil is Calitzdorp. Vreeslik baie dronkes. Onthou by voorbaat indien mense my wil stenig. Hier woon baie goeie mense ook maar duisende suiplappe

Hoor hoor! ·

En sommer vrouens wat rook ook tydens swangerskap!
Ek is n roker! Maar het elke keer met swangerskap ONMIDDELIK opgehou rook. Dit het my nie eens gepla nie…hoekom nie? WANT daar was n persoon BELANGRIKER AS MY DRANGE EN VERSLAWINGS wat binne my gegroei het!
Vrouens wat drink en rook tydens swangerskap / ouers wat rook in die huis of kar by babas en kinders moet summier toegesluit word!

Asjas ·

Ek kom nou net van ‘n sport byeenkoms af, soek nou eers ‘n apteek om almal in ons gesin te dokter nadat ons die hele dag op ‘n “nie rook” paviljoen moes sit en ander ouers se tweede handse rook moes inasem. Daar is mense met gesondheids probleme en jong kinders – kan hulle sommer ook in die tronk gegooi word asb want daar was duidelik niemand belangriker as hulle vieslike gewoonte nie?

Sê net ·

En sommer die wat text, terwyl hulle bestuur met hulle kinders in die motor ook. Sien gereeld hoe sit hulle, een hand op die stuurwiel, ander hand besig met selfoon, kop onderste bo.

Ben ·

Ons tronke is reeds vol, ons polisie oorwerk en slaag nie daarin om die moordernaars, diewe en erstige misdade die hok te slaan nie, Ek verstaan die impak van Alcohol op babas maar dit is ‘n belaglike voorstel. Wat van Ministers moet tronk toe gaan as hulle drink. Hulle doen mos ‘n belangrike werk? Ek dink liewer dat ministers begin om ‘n goeie voorbeeld te begin stel vir die publiek. Wat van die mense te leer van ‘n goeie WAARDE STELSEL , 1) respek vir jou naaste,oumense,onderwysers,para medici, ministers. 2) Praat eers voordat jy treine en infrastruktuur afbrand, 3) Hou op om mense skuldig te oordeel en tereg te stel voordat hulle skuldig bevind is, 4) Leuns te versprei sonder dat jy jou land se geskiedenis ken. 5) Verantwoordelik optrede van vrouens en mans gedurende die vrou se swangerskap ens. Met ander woorde – Ons land het ‘n LEIERSKAP KRISIS!!

Jaap ·

Ag liewe minister.
Hoe in die lewe gaan jy die reg kry?
Julle kan nie eers kriminele in die tronk sit nie.
Word wakker asb

Mielie ·

Ek wonder watse navorsing die minister aangaande haar voorstel gedoen het, regtig? Oorvol tronke? Is dit dan al uitweg of net praat? Die tipe mense het behandeling nodig, baie is reeds aan drank verslaaf, baie weet nie eers watter impak dit op n baba kan hê nie, vir ander is dit al wat hulle ken. Moet daar dan nie eers navorsing gedoen word nie voordat hulle sulke voorstelle maak. Miskien kan voorbehoedmiddels beter beskikbaar gestel word. Mense se omstandighede verskil, reg of verkeerd.

Karolis ·

Niemand sê iets oor dwelms en die gevolge daarvan by swanger vrouens nie. Ek hoop nie die minister sien dwelms as minder skadelik nie.

Mimi ·

As iemand nog nie self n kind gesien het wie se brein deur alkohol beskadig is nie….bly dan liewer stil. IEMAND moet opstaan vir daardie kinders. Ek stem, sluit die ma wat drink / rook of dwelms gebruik toe! ! Na die geboorte moet hulle sommer vir 3 maande gemeenskapsdiens doen….deur bv hospitale skoon te maak….dat hulle kan wegbly v d alkohol ens, terwyl hul iets van die lewe leer……

Freud ·

Ja minister…. vroue wat drink moet opgesluit word terwyl brutale moordenaars en verkragters vry rondloop of uit is op borg. Moenie dat ek lag nie. Hoe gaan jy bepaal wie drink wanneer…. of moet alle swanger vroue daagliks êrens gaan aanmeld? Los maar… Ek lag alreeds.

Jana ·

Ek stem heeltemal saam met die minister. Is jy so verslaaf dat jy nie jou dop ‘n paar maande kan los nie? As jy so selfsugtig is terwyl jy swanger is hoe gaan jy wees as die kind gebore is? Om ‘n ouer te wees beteken jy moet dinge opgee wat jy vroeër geniet het want daar is ‘n nuwe hulpelose lewetjie wat nie gevra het om hier te wees nie, wie se “needs” hoër geag behoort te word as joune!!

marlyn ·

O wee, moet asb nie vergeet van al die rook wat die mense moet inasem van Trokke, Treine en Tyres wat aan die brand gesteek word nie dit is seker baie gesond om daai walms in te asmen.

Nika ·

Dis reg n vrou is nie veronderstel om te drink as sy swanger is nie, maar tronk toe? daar is nie plek in ons tronke nie, ek was die naweek in n kuier plek waar die ma met haar baba in die rook area sit…. hulle moet ook beboet word! Watse tiepe ma is jy om by jou kinders te rook wat staan nog om te drink?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.