Tronk toe oor bankkaartbedrog

Argieffoto (Foto: Stevepb, Pixabay)

ʼn 25-jarige man is in die Evander-streekshof in Mpumalanga gevonnis op verskeie aanklagte van bedrog.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Gegama Simon Mahlangu is op 10 April effektief tot vier jaar tronkstraf gevonnis. Mahlangu is skuldig bevind dat hy by die Trichardt-tolplaza ʼn toestel gebruik het om niksvermoedende motoriste van meer as R40 000 te beroof.

Mahlangu het gedurende 2017 as ʼn tolhekoperateur gewerk en onwettig bankkaarte van motoriste gekloon. Kliënte het later daardie jaar hul banke gekontak dat hulle geld verloor het uit “vreemde transaksies”.

Die Valke het die saak ondersoek en Mahlangu is in hegtenis geneem terwyl hy gewerk het. Hy het een van die toestelle in sy besit gehad.

Hy het tereg gestaan op 124 aanklagte dat hy onwettig data van bankkaarte bekom het.

Die hof het hom tot 19 jaar tronkstraf gevonnis, maar sommige van die vonnisse word gelyklopend uitgedien. Hy moet effektief vier jaar tronkstraf uitdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tammy ·

Belaglike vonnis as jy in berekening bring hoeveel slagoffers geteiken is. Ag nee , hou op tyd mors en doen dit behoorlik. Skrik die skurke af moenie hulle aanmoedig met sulke patetiese straf nie!!!!

CHRISTA ·

Ons howe mors net ons belastingbetalers se geld!! Vir 124 misdade kry hy net 4 jaar!!! Ons regstelsel is ‘n grap soos ons regering!!!

Anschen ·

Ons is baie bly hy is gevang. My man se kaart is verlede jaar by dié tolhek gekloon, maar ten spyte van die skurk wat gevang is is sy kaart weer verlede maand daar gekloon.

Nicolaas ·

Hulle behoort die masjien waardeur die kaart geswipe word aan te gee deur die venster vir die motoris om dit self te swipe of die tolhek operateur moet die kaart buite die venster voor die motoris swipe sodat die kaart nie onder sy/haar oë uitgaan nie. Die enigste manier om kaart vervalsing te keer is om nooit jou kaart onder jou oë te laat uitgaan nie en om jou een hand oor die keypad te hou by die ATM wanneer jy jou PIN insleutel. ‘n Keypad overlay kan gebruik word maar dis bitter min in gebruik in Suid Afrika. Glo my maar ek het navorsing vir my m graad gedoen oor kaart vervalsing en hoe om dit te voorkom. Mens kan kaart vervalsing met tot 95% voorkom maar mense is nalatig

Jan ·

As die misdadiger volgens die hof se uitspraak 19 jaar kry maak slegs 4 jaar effektief hoegenaamd nie sin nie

Lynette Schultz ·

As al die skelms net hulle vernuf en energie kan spandeer om hierdie land OP TE BOU – dink net hoe goed sal dit gaan met SA. (‘n Mens mag seker soms droom…)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.