Tronkbesoeker vas oor dwelms

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: DKD

ʼn Vrou is Sondag in hegtenis geneem nadat sy ʼn gevangene by die Westville-gevangenis in Durban, KwaZulu-Natal wou besoek en toe met dwelms betrap is.

Daar is sowat 200 heroïen-kapsules in die vrou se onderklere gevind nadat tronkbewaarders agterdogtig geraak en haar deursoek het.

Die polisie is na die gevangenis ontbied en die vrou is onmiddellik in hegtenis geneem, het Chrispin Phiri, woordvoerder van die departement van justisie en korrektiewe dienste, gesê.

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het tronkbewaarders geloof vir hul optrede.

“Ek het dit reeds duidelik gemaak dat die huidige vlakke van smokkel van onwettige goedere in ons tronke onaanvaarbaar is. Ons is absoluut vasberade om dit op te los, en ek is bly dat die stelsels wat ons in werking gestel het, sigbare resultate begin lewer,” het Lamola gesê.

“Ons wil weereens ʼn beroep op gemeenskapslede doen om nie onwettige goedere na ons gevangenisse te bring nie. Diegene wat hulle hieraan skuldig maak sal in hegtenis geneem en gestraf word aangesien dié dade ons pogings om oortreders te rehabiliteer, ondermyn.”

Die vrou se inhegtenisneming volg nadat Lamola Vrydagaand ʼn klopjag aangevoer het by die Westville-gevangenis. Lamola het toe opdrag gegee dat alle besoekers aan die gevangenis ordentlik deursoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JohanR ·

Ek kry soe lekker van kop to toone. Waar het die vrou se breins gesit?

Niklaas ·

Sy besoek die tronk ,word betrap met dwelms en word net daar geplaas in n oulike klein selletjie van haar eie. Sal egter seker gou vrygelaat word. Wonder net hoe baie gebeur hierdie tipe smokkelwerk?

Jannie van Niekerk ·

Ek sê al jare dat misdadigers GEEN regte moet hê nie. Geen besoekregte, geen radio, geen TV, geen boeke, geen tydkrifte, geen gesels met mekaar nie en geen verdere studies nie. Geen misdadiger kan gerehabiliteer word nie al sê sielkundiges wat ookal. Misdaad moet gestraf word en dis geen straf as jy jou familie mag sien, boeke kan lees, TV kan kyk en verder kan studeer nie.
Afsondering in jou sel in totale stilte vir 24 uur per dag sonder regte is die enigste werklike straf.

Christa ·

Plaas hulle Alle besoekers deursoek dan Sal gevangenis nie middels kry on selfmoord te pleeg nie en hulle straf uit te dien

W ·

Ag dis n druppel in die emmer. Kyk na die bewaarders dis hulle wat alles inbring, delms,dagga wapens you name it. Maar DKD se top struktuur is clueless en die laaste white is oppad, maar regstelende aksie is aan die seevier…. Dis n vraag aan die pers, wys my verkeerd.

jakes ·

Goeie werk. Moenie jouself bluf nie, bewaarders moet self met elke skof deursoek word want hulle is die grootste smokkelaars by tronke.

Hanlie ·

Ek gee julle ‘n brief. As Lamola nie die opdrag gegee het dat die besoekers deursoek moet word nie, was sy nou skotvry.

En nou? ·

Die nuwe sisteme wat hulle in plek het is besig om te werk…

Nuwe sisteme? Deursoek is nie ‘n nuwe sisteem nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.