Tronkbevolking styg weer ná aanvanklike daling

Argieffoto Foto: veooz.com

Suid-Afrika se tronkbevolking het die afgelope vier jaar stelselmatig begin toeneem nadat dit sedert 1994 drasties gedaal het, het top-personeel van die departement van korrektiewe dienste Donderdagoggend in die parlement laat blyk.

Terwyl die getal gevangenes toeneem en die staat nie kan voorbly met die verskaffing van voldoende bedruimte vir gevangenes nie, lei dié situasie tot allerlei maatskaplike euwels.

Die laagste tronkbevolking die afgelope 25 jaar was in 2013 toe daar 157 000 gevangenes in die land se tronke was, maar dit het toegeneem tot ʼn huidige syfer van 164 000. Aangesien daar eintlik net plek vir 118 000 gevangenes landwyd is, is daar ʼn oorbevolking van 46 000 prisoniers.

Intussen vorder die verskaffing van nuwe tronkruimte teen ʼn absolute slakkepas, het die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste vanoggend tydens departementele begrotingsvoorleggings gehoor. Die enigste tronke wat vanjaar meer beddens kry is dié in Tzaneen, Standerton, Estcourt en by C-Max in Pretoria.

Die departement het aangevoer dat sy begroting nie toelaat dat hy fasiliteite behoorlik in stand kan hou nie, wat beteken die land se tronke is oud, uitgedien en nie gepas om as korrektiewe sentrums te dien nie.

Die uitsondering is die enkele tronke wat in samewerking met die private sektor bedryf word, het die adjunkminister van justisie en korrektiewe dienste, Thabang Makwetla, erken.

Hy het die versekering gegee dat die onlangse ontsnappings van 16 gevangenes uit ʼn Johannesburg-gevangenis en ses uit die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad op die hoogste vlak ondersoek word, maar bygevoeg die hoeveelheid ontsnappings neem landwyd af.

In 1995 het 1 244 mense uit aanhouding ontsnap. Verlede jaar was dit net 50.

Die departement het verlede jaar 34 van sy amptenare weens korrupsie en wanbestuur afgedank.

Om ‘n tronkbewaarder te wees bly maar ‘n taai taak. Verlede jaar is tronkbewaarders met messe gesteek, met kookwater gegooi en met allerlei voorwerpe aangerand, het dit uit die voorlegging geblyk.

Stedelike tronke, by name Pollsmoor, St. Alban en Grootvlei, is die mees oorbevolkte gevangenisse.

Daar was darem ook goeie nuus uit die tronkwêreld. Nie minder nie as 72% van die gevangenes wat verlede jaar matriek geskryf het, het geslaag. Aansienlike vordering word in die stryd teen tuberkulose in tronke gemaak en 50% van gevangenes het nou toegang tot maatskaplike werkers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Alwyn ·

Dit is baie maklik. Vir al die skedule een misdreiwe, bring die hangpaal terug. Die tronke sal vinnig genoeg spasie het.

honourable member ·

Tronke het soos vakansie plase geword. Hierdie mense leef soos konings daar. Tronke is lankal nie meer n afskrikmiddel nie…

Leeu ·

en dis die handjie wat gevang is, daar is meer as dit hier buite.

Skande ·

Dit behoort nie te DAAL NIE .. want daar word DAAGLIKS plaasmoorde en stadsmoorde gepleeg . veral die afgelope paar jaar, so hoekom sal dit daal? KRY julle nie die plaasmoordenaars nie of los julle altyd ‘n gaatjie vir die Mombergs net vir ingeval iemand op FB dalk weer die K woord sê?

honourable member ·

Doodstraf sal net op wittes toegepas word so laat die maar liewer nie weer terugkom nie.

Alwyn ·

Dit is maklik. Bring die hangpaal terug. Vir alle skedule een misdreiwe. Daar sal baie vinnig baie plek wees.

Willem ·

Ek het nie geweet geboortes word in tronke toegelaat nie. Skande!

Jacques ·

Ja en wat kos dit die belastingbetaler per dag om n krimineel te versorg , wat vakansie hou in een van die staatshotelle ? Dit is lankal nie meer n straf om tronk toe te gaan nie , hulle kom dan daar uit beter af as wat hy was voor die tyd . Hy kry graad en alles wat daarmee saam gaan verniet . SO WAT NOU ?

Wilma ·

Wat van die Amnestie wat al verlede jaar toegestaan sou word?
Omdat die tronke oorvol is, kry die gevangenes ook nie behoorlike etes nie . Selle is oorvol, tot 40 persone in 1 sel. Ek het n familielid wat ‘n vonnis van 20maande moet uitdien vir bedrog. Sy het reeds 14maande gesit en werk ten volle saam met die program van die gevangenis. Haar familie sit sedert Des. 2017 in afwagting vir die Amnestie wat Jacob Zuma afgekondig het. Het julle enige inligting rondom die Amnestie waarvan ons nog nie weet nie?

Reguit ·

Die tronke sal net voller en voller word terwyl al hoe meer kriminele borg of amnestie sal kry. Geen nuwe tronke sal gebou word nie want wonderlike Azanië is bankrot. Beste opsie is om die hool te verlaat en te emigreer.

André ·

Ek is so bly oor die goeie slaagsyfer. Dis voorwaar goeie nuus – NOT!?
Nou sit ons met intiligente kriminele.

Gemaskerde Sopbeen ·

In SA word 53 moorde per dag gepleeg. Dus is daar 53 moordenaars elke dag van die jaar. 53 x 365 = 19 345. Vir die afgelope 10 jaar is daar dus 190 345 moordenaars wat mense se lewens geneem het………..maar ons tronk inwoners, en dis ALMAL wat die wet oortree het en gevonnis is, is maar 164 000? Statistieke Suid Afrika se syfertjies is om van bang te word……want as die 164 000 gevangenis byvoorbeeld ALMAL moordenaars is, loop daar nog 30 000 van hulle vry rond. En as die 164 000 NET 20% van die moordenaar insluit…….loop daar nog 152 276 moordenaars vry rond?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.