Tronkbewaarder sterf tydens gyselaardrama

Argieffoto

ʼn Vroulike tronkbewaarder van Goedemoed-gevangenis is dood toe sy met ʼn skerp voorwerp aangeval is.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, het in ʼn verklaring gesê die vrou en nog ʼn vroulike kollega is Vrydag omstreeks 15:30 gyselaar gehou in ʼn kantoor by die korrektiewe sentrum.

“Volgens inligting het ʼn gevangene, wat besig was met skoonmaakwerk, albei beamptes in ʼn kantoor in gedwing en homself saam met hulle in die kantoor toegesluit. Owerhede by die sentrum het dadelik reaksiespanne ontbied, insluitend ʼn gyselaaronderhandelaar van die Suid-Afrikaanse Polisiediens,” het Makhele verduidelik.

Die onderhandelaar het ongeveer drie uur lank met die gevangene onderhandel waarna hy homself oorgegee het.

“Toe die reaksiespanne die kantoor betree het, het hulle op die 35-jarige vroulike tronkbewaarder se liggaam afgekom. Sy het in ʼn plas bloed gelê en het verskeie steekwonde opgedoen terwyl sy gyselaar gehou is.”

Die 33-jarige kollega het die voorval oorleef. Sy word vir skok behandel.

“Die gevangene is weer in hegtenis geneem. Hy sal aangekla word van moord en ander klagtes wat mag spruit uit onderhoude met die bewaarder wat die voorval oorleef het. ʼn Nadoodse ondersoek word ook gedoen.”

Besonderhede van die oorledene en haar kollega sal eers bekend gemaak word sodra hul families en naasbestaandes in kennis gestel is.

Richard Mamabolo, woordvoerder van die polisievakbond Popcru, het gesê die vrou wat die voorval oorleef het, is vermoedelik verkrag tydens die gyselaardrama.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Helena. ·

Dit moes n baie benoude tyd gewees het vir die vroue. Was dit n manlike gevangene? En waar kom die wapen vandaan wat hy/sy gebruik het. Daardie mense is nie vir hul plesier in die tronk nie so waarom hulle vertrou. Dis tog baie jammer dat tralies hulle nie kan beheer nie.

Gert J ·

sulke gemors van kriminele kort die doodstraf. HULLE KAN NIE GEREHABILITEER WORD NIE.

Dion Els ·

Sterkte aan al die familielede, en al my ander kollegas op Goedemoed. Ja ons het n gevaarlike werk en baie sien dit dalk nie so nie, en min word van ons ooit melding gemaak. N besering aan een, is n besering aan almal. Julle is in my gebede kollegas

Abe ·

Deon Els,
Wat n edel en bewonderenswaardige beroep: Julle sorg dat die laagste en gemeenste drek van n nasie uit die samelewing gehou word om dit leefbaar vir ons te maak!

Piet Snot ·

Dion, kan jy dalk vir ons verduidelik wat maak vroulike beamptes in ‘n manne tronk?

Asmain ·

Ek kan nie verstaan hoekom moet daar altyd in gyselaar situasies onderhandel word nie – kry n skerpskutter en haal die wetter uit. Sterkte aan die familie van die oorledene en ook vir die getraumatiseerde kollega, dink nie mens herstel ooit volkome van so n traumatiese ondervinding nie…en die hartseer is oor n paar jaar is die moordenaar weer uit op vrye voet.

Akademi Buktu ·

Dit is eenvoudig nie altyd moontlik nie – bv. weens die fisiese opset. Dan is daar die verantwoordingsproses agterna en jy moet verduidelik wat alles geddoen is om die skerpskutterproses te vermy.
Wat regtig hier beantwoord moet word, is die absolute dwaasheid van vroulike personeel in die binneste dele van ‘n gevangenis, veral nog een soos Goedemoed. My standpunt het niks met geslagsdiskriminasie te doen nie, maar met die veiligheid van vrouepersoneel daar.

Vragie – word manlike personeel in die binneste dele van vrouegevangenisse gebruik?

Timjan ·

Employment equity…
Daar is seker agv bg vroue bewaarders by mans afdelings en andersom in ons land met min tot geen misdaad.
Die stelsel het julle gevaal.
Meegevoel met die naasbestaandes

Bietjie baie ·

Ek haal my hoed af vir Onderhandelaars wat hulle self blootstel om ander se veiligheid te verseker. Dit moet n emosioneel uitmergelende werk wees.
Welgedaan aan die SAP se Onderhandelaaar-span.
Dis jammer dat iemand dood is, maar tronke is n ander “ball-game”

Michael ·

Ja dit is jammer dat daar iemand dood is jammer dat daar n vrou verkrag is. Jammer dat daar n regeering is soos die ANC.

DS ·

JA Helena soos “hy, homself” se definitief dit was ‘n manlike gevangene gewees soos per die artikel. Waar kom die wapen vandaan? Nee se maar….. Sterkte aan die families van altwee die bewaarders want dis twee verskillende stryde wat gestry gaan word een so moeilik soos die ander.

Dawie ·

Hy is mos in die tronk vir misdaad wat hy alreeds gepleeg het so hulle moes hom net daar teregggestel het dan was daar nie verdere koste nou gewees nie.

Neels ·

Alle empatie en simpatie met die twee lede en hulle families. Die eenvoudige beginsel is dat vroulike beamptes nie in n mans gevangenis hoort nie en dit is wat hooggeplaastes nie verstaan nie.

Z ·

Tronkbewaarders en onderwysers. Twee uiteenlopende beroepe, maar ek glo dit verg wysheid van Salomo om die sogenaamde menseregte van die “ander mense” heeltyd in ag te neem. Meeste van die tyd ten koste van jou eie menslikheid en menseregte.
Ek is self n onnie, maar ek dink baie keer aan die tronkbewaarders. Al ken ek nie hulle situasie nie, glo ek dat dit n uitmergelende taak is.

Oujongvrou ·

Oer instinkte, en dis hoekom die drek tot elke prys beskerm word. As jy n krimineel is het jy baie meer regte as vredeliewende burgers. Ek is gewalg aan hulle duiwels drifte. Spirit of lust noem my ds dit

Essa ·

Innige simpatie met die oorledene se familie, vriende en kollegas. Sterkte vir haar mede-gyselaar met die verwerking van soveel trauma en pyn. En dankie Dion Els dat jy ons net laat besef daar is mense wie se daaglikse lewe, brood en botter hierdie werk is. Ek sien soms van jou kollegas in my winkel sentrum (naby Baviaanspoort) en sal sommer net vir hulle ‘n ? wil gee …… wat hulle sekerlik nie sal verstaan nie! Beste wense.

Dion Els ·

Baie dankie Essa, so n kloppie op die skouers laat n mens sommer weer beter voel.

Ben ·

Hierdie voorval het ongelukkig as gevolg van gebrekkige veiligheids voorskrifte plaasgevind. Dit is baie hartseer

SjN ·

Verstaan nie. Weer inhegtenis geneem, was hy dan op vrye voet, korrup

Dion Els ·

Piet Snot, ja ongelukkig is dit nou so dat daar meer geen onderskeiding is tussen manlike en vroulike bewaarders nie en doen ons maar dieselfde werk. By ons hou ons hulle maar op n veilige afstand en plek as ons kan. Ons vrouegevangenis was gesluit deur bsluite van bo en die dames by ons ingeskakel na besluite van equal rights en salaris

Heksie ·

As hy so gevaarlike misdadiger is hoekom word hy soveel vryheid toegelaat??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.