ʼn Amptenaar van die departement van korrektiewe dienste in die Vrystaat is Donderdag in hegtenis geneem vir moord en sameswering om moord te pleeg.
Speurders van die Vrystaatse polisie het Mojalefa Letele in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval by die Goedemoed-gevangenis, waartydens ʼn 35-jarige vrouetronkbewaarders, Nomsa Joyce Stuurman, en haar 33-jarige kollega (wie se naam nie bekendgemaak is nie) met ʼn mes gesteek en verkrag is, terwyl hulle aangehou is deur een van die gevangenes.
Die gevangene, Jongikhaya Samsam, wat ten tyde van die voorval besig was om twee lewenslange vonnisse uit te dien, het Letele tydens die verhoor by die gebeure betrek.
Hy het aan die hof vertel hoe Letele hom aangesê het om die twee vroue te verkrag en te vermoor. Hy is op 31 Oktober deur die Bloemfonteinse hooggeregshof nóg twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moord, verkragting en aanhoudingvan die bewaarders.
Maroela Media het vroeër berig dat Stuurman se dogter ter verswaring van vonnis getuig het dat sy nooit gedink het haar ma sou sterf aan die hand van ʼn gevangene, terwyl sy haar land dien nie. “My ma se dood het my so onstel dat ek skool wou verlaat.”
Stuurman se man, wat ook ʼn tronkbewaarder by dieselfde tronk is, het getuig die voorval het onenigheid tussen hom en sy skoonfamilie gebring, omdat hulle dink dat hy iets met hul dogter se dood te doen gehad het.
Die ondersoek na Letele se betrokkenheid is toe voortgesit en hy is gearresteer. Hy het reeds Donderdag in die Rouxville-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot 27 Februarie wanneer hy formeel sal aansoek doen om borgtog
En so is die skaapwagters die wreedste wolwe.
dis erg as mens nie eers jou eie kolegas kan vertrou nie….maar ek glo dit gaan so in al die magte in SA waar daar baie mense deur uniforms beskerm word..
Dis rof!