Die vakbond het gesê die voorval het by die Sun City korrektiewe sentrum in Johannesburg gebeur toe bewaarders ʼn geveg tussen die gevangenes probeer stopsit het. Bewaarders en gevangenes is tydens die onderonsie beseer en van die bewaarders is met ernstige steekwonde na die Mulbarton-hospitaal gehaas.
Volgens Popcru het bendes binne die gevangenis hul kans waargeneem toe daar minder bewaarders aan diens was soos oor naweke die geval is.
“Die onderonsie het gebeur toe die helfte van die personeel van diens af was ooreenkomstig die departement van korrektiewe dienste (DKD) se skofruilingsmodel. Daar is dan net ʼn klein aantal beamptes wat na 500 gevangenes in daardie spesifieke afdeling moet kyk, en dít is toe die voorval plaasgevind het,” het Popcru gesê.
“Ons het al telkemale vantevore die probleem met die DKD opgeneem en gesê daar is nie behoorlike skofpatrone nie, want daar is gereeld ʼn tekort aan personeel aan diens.” Popcru het gesê die probleem word verder vererger deur ʼn algemene personeeltekort en oorvol gevangenisse.
“Ons benodig behoorlike strategieë om bendeaktiwiteite binne korrektiewe fasiliteite aan te spreek en dit kan slegs gebeur deur behoorlike rehabilitasieprosesse, nie deur die installering van toesiggeriewe nie. Die DKD moet fokus op sy sleutelprioriteit en dit is om gevangenes te rehabiliteer.”
Die vakbond het gesê gevangenes moet werk vir wat hulle kry. Behoorlike instandhouding van die korrektiewe sentrum sal ook bydra tot hul rehabilitasie en vaardigheidsontwikkeling.
Die sun city gevangenis se alles die gevangenes moet soos in die VSA die paaie en stads parke in stand hou ledigheid is die duiwel se oor kussing
Ek stem saam. Veral as hulle help om die PAAIE te bou en in stand te hou – dit sal sommer TOLGELDE outomaties uitskakel!!!
Dit is mos weereens n bewys dat die bestuurslede nie bevoeg is om die job te doen nie.
Zuma steel te veel daar is nie meer geld om nog bewaarders aan te stel nie.
Ek stem saam met Popcru. Laat die gevangenes wérk en so vir hulle kos en blyplek betaal. Hoekom moet wetsgehoorsame landsburgers vir hierdie klomp misdadigers sorg en dan was baie van daardie wetsgehoorsames nog slagoffers ook van die misdadigers.
Ongeag die oortreding, moet julle tog nou net nie waag om te vergeet van die comrades se menseregte nie.
Daar’s n dringende behoefte aan n paar damme in die Kalahari. Hul kan self die klippe en sement aandra.
Liewe bewaarders, julle is te min, dit is moeilikheid soek om in te meng. Los dat hulle mekaar uitsorteer, op die einde sal hulle minder raak en kan jul by jul werk uitkom. Gevangenis wat so geweldadig is, om selfs in straf tydperk nog aan te gaan, kan maar op eie houtjie minder raak.