Tronke, howe vol ná besige naweek in Gauteng

Die polisie het die afgelope naweek sowat 1 470 mense in hegtenis geneem.(Argieffoto ter illustrasie)

Gautengse landdroshowe het ’n besige paar dae op hande nadat die polisie die afgelope naweek 1 470 verdagtes vir verskeie misdrywe aangekeer het.

Volgens kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, is 12 onwettige mynwerkers in Krugersdorp aan die Wes-Rand in hegtenis geneem nadat ’n skietery met polisiebeamptes uitgebreek het.

“Die verdagtes het eers op mekaar geskiet en toe op polisielede losgebrand, wat in reaksie daarop teruggevuur het. Een verdagte is tydens die skietery gewond en onder polisiebewaking na ’n hospitaal geneem.

“Die ander verdagtes het hulle aan die polisie oorgegee.”

Volgens Makhubele het die polisie twee ongelisensieerde vuurwapens gevind.

Benewens die onwettige mynwerkers is 350 verdagtes vir verskeie ander beweerde misdrywe in dié omgewing vasgetrek.

“Meer as 350 verdagtes is aan die Wes-Rand en Sedibeng in hegtenis geneem, onder meer vir poging tot moord, die onwettige besit van vuurwapens, dwelmhandel, aanranding en dronkbestuur,” sê Makhubele.

Verder is 447 verdagtes tydens geïntegreerde operasies en klopjagte in die Ekurhuleni-metro op soortgelyke aanklagte in hegtenis geneem.

“In ’n operasie onder leiding van Faith Mazibuko, LUR vir gemeenskapsveiligheid, is 44 verdagtes Saterdag in Alexandra vasgetrek, onder meer vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en dwelmverwante klagte.

“Altesame 186 verdagtes is in die Johannesburg-omgewing vasgetrek.”

In die Tshwane-gebied het die polisie op 496 verdagtes toegeslaan. Aanklagte teen die vermeende oortreders sluit in opsetlike saakbeskadiging, motordiefstal, kaping, bedrog, ontvoering en poging tot moord.

“Die verdagtes sal vandeesweek in die onderskeie landdroshowe verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Fedup ·

Everyone will appear in court.
After that we will all go out for a bite of KFC.
Nothing will come of this, guaranteed.
And for those with a different opinion, please feel free to share.
We cannot always agree on everything.

Nie Verbaas ·

Well, I for one fully agree with you. Dockets will disappear as well and criminals will get bail never to be seen again.

Keelvol ·

Ek is geneig om met jou saam te stem. Maar tronke dien in die algemeen nie meer as n afskrik middel nie.

Hennie J ·

Bring terug dwangarbeid vir bandiete en sien hoe die tronkbevolking krimp!

Keelvol ·

Goeie werk, maar ongelukkig gaan borg te maklik toe gestaan word.

Misky ·

Wens ek kon saam gelukkig wees oor die syfers en dat almal wel kriminele/misdadigers is. Wonder hoeveel van daai mense is verkeerdelik inhegtenis geneem en kon nie die “bribes” op die plek gee nie.

Martie Smartie ·

Hoeveel is vir kubermisdaad vasgetrek? Dit gaan lustig voort …

Esme ·

Die sake sal aangehoor en uitgestel word – en na ‘n paar maande word almal vrygelaat en die naweek van die 15de en 16de Mei 2021 word as ‘n Kriminele Hoogtepunt Naweek in die annale aangeteken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.