Tronke is oorvol, sê minister

Argieffoto

Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, het Donderdag gesê Suid-Afrikaanse tronke is tans 137% vol.

Hy het gesê oorbevolking by die tronke sal nog vir ʼn ruk lank ʼn realiteit bly, aangesien die getal verhoorafwagtendes steeds toeneem in provinsies soos die Wes-Kaap waar daar ʼn beduidende toename was in die persone wat in hegtenis geneem is in verband met gewelddadige misdade.

“Teen April 2018 was 163 114 gevangenes in aanhouding in 243 korrektiewe fasiliteite. Dit is 45 294 verhoorafwagtendes en 117 820 gevangenes wat reeds gevonnis is. Dit is baie meer as die 119 000 beddens wat ons tans beskikbaar het,” het Masutha aan verslaggewers gesê tydens ʼn konferensie voor sy begrotingsrede in die parlement.

Masutha het gesê gevangenisse in die Wes-Kaap het die afgelope drie tot ses maande ʼn groot toename (ongeveer 4 000) gesien in die getal verhoorafwagtendes. “Dit help ons nie om die kritieke situasie van oorbevolking aan te spreek nie,” het hy gesê. “Natuurlik kan ons nie verdagtes van ernstige of gewelddadige misdade huis toe stuur nie, ons moet vir hulle akkommodasie kry in ons reeds oorvol fasiliteite. Ons het nie ʼn keuse nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Jakkalas ·

Nou bou dan nog. Julle bou nie skole, hospitale, universiteite, kolleges ens. Mense word meer so julle moet meer bou ook. “Not rocket science” ek sê!!

Max ·

Hulle is besig om die kabinet te vergroot om sodoende die oor bevolking in die gevangenis aan te spreek.

Hannelie ·

Presies wat ek ook wou sê Jakkalas en Samantha. Ek dink die staat het oorgenoeg geld om nòg tronke te bou….waaroor huil hulle. Dis voor die handliggend. En dit wys ook net hoeveel misdadigers is in hierdie land.

Minder gevangenis ·

Ek dink daar moet eerder gekyk word om die misdaad te VERMINDER as om meer tronke te bou.

Hm ·

Hulle kan tronke bou met containers, dis klaar versterk en met issolasie en bietjie verandering sal dit soos n gebou wees. ek is seker argitekte kan n baie effektiewe tronk ontwerp met daai staal bokse. Dis boonop goedkoper as bou, en baie vinniger om op te rig, en ek is seker die afmetings van die kleiner containers is so groot soos n enkel sel, die 6m container kan 4 mense in slaap en die 12 meter n redelike aantal.

Rooinel ·

Ek wil nie eers kommentaar lewer hierop nie – ek was verniet Polsmoor toe gestuur omdat ek my eie hek omgery het – per ongeluk omdat dit foutief was. My buurman is bevriend met baie polisielede en ek moes verniet vir 3 dae lank in die selle spandeer het, en toe my docket wegraak, word ek polsmoor toe gestuur. HAGLIKE omstandighede. Ons moes sonder water vir 2 dae gaan, al het jy pille gehad om te drink. As ENIGE iemand my wil kontak hieroor, sal ek dit waardeer – en PS, ek is ‘n vrou – wat in die ouerige selle aangehou was. Sonder medikasie en op ‘n vuil kombers geslaap het – geen matras, geen tandeborsel. Ek wens ek het n foon gehad om fotos te neem om dit vir die owerhede te stuur

Nico ·

Bring terug die doodstraf dan sal die tronke nie so vol wees nie

PJC ·

As hulle ń meer bevoegde minister gehad het sou dit ook beter gegaan het. Hy het hom egter so besig gehou met Clive Derby Lewis, Janus Valuśi en ander blankes in die gevanges dat hy nie tyd het om sy werk behoorlik te doen. Dieselfde het vir sy voorganger gegeld.

Michael ·

n Beter minister help glad nie die feit dat daar mense is wat moor en ander skade aan doen nie. In my opinie is die oplossing verdeel in twee fases. Die doodstraf moet weer geimplimenteer word, maar ons almal weet hoe lank dit sal vat vir ONS staat om iets te doen wat eintlik goed is vir die land. So terwyl die saak in the howe aanhou hang moet meer tronke gebou word.

En jy moet ook onthou dat daar baie mense is wat tronke toe gestuur word vir goed soos diefstal. Al is dit n ernstige oortreding dink ek persoonlik om iemand tronk toe te stuur vir diefstal is nie die regte opsie nie, dis net makliker. As sulke mense uit die tronk gehou word en andersins gestraf word (maatskaplike werk in minder bevoorregte gebiede as n voorbeeld, dan kan hy eintlik ander mense help eerder as om in die tronk te sit en niks doen) dan sal daar baie meeer spasie in die tronke wees vir die mense wat eintlik daar hoort: moordenaars, verkragters, ens.

Net my opinie.

Christa ·

Daar is so baie onskuldige mense in die tronke hoekom kry Suid Afrika nie amnestie soos ander lande nie of bring die wet terug wat hulle n 3de moet doen.Ons land het in jare geen amnestie gekry nie.

Alternatief ·

Wat van gemeenskapsdiens vir minder ernstige misdade i.p.v. tronkstraf. Dis ‘n wen-wen situasie. Die parke en sypaadjies sal weer skoon wees en die tronke minder vol. Vreemd dat die regering nog nooit hieraan gedink het nie…

Reguit ·

Oorvol tronke
Oorvol hofrolle
Dossiere wat elke dag weg raak
Oorwerkte polisie
Onbevoegde polisie
Korrupte polisie
Onbevoegde staatsdiens en regering
Toenemende misdaad hool
Ineenstortende infrastruktuur

Azanië se afwaartse spiraal……….

Die reënboog wonderwerk

Matt ·

Ek stem bring dood straf terug misdadigers wat moor voel niks vir mense se lewens nie daar word dan agter hulle verniet op die mense wat belasting betaal gekry.

HP ·

Lindiwe Sisulu neem bietjie kennis van jou kollega se uitdaagings….. waarvan meeste ernstige misdade….. Vredsame landskap die.

Helene Heyns ·

Ek stel voor dat hul skofte werk dan is net n deel van hul in die tronk en die ander werk. Dan is daar genoeg slaapplek vir die wat hul skof klaar gewerk het. So verdien hul hul kos en verblyf en hul bly uit die kwaad uit en hul kry genoeg rus.

Max ·

Hulle werk alreeds 2 twaalf uur skofte per dag in die polisie en dit help nie.

Reguit ·

Die Azaniese regstelsel is disfunksioneel want:

– oormatige onbevoegdheid in polisie
– te veel korrupsie
– te veel polisiemanne met kriminele rekords
– Oorvol hofrolle
– Dossiere wat verdwyn
– Oorvol tronke
– Oormag van misdaad
– Gevaarlike kriminele wat te maklik borg kry

Dit hierbo tesame met die ineenstortende infrastruktuur dryf Azanië se afwaartse spiraal.

Daarom emigreer mense.

Michelle ·

Wat my verbaas is die min mense in die tronk, met al die misdaad moes daar mos baie meer gewees het!

piper ·

as daar 160 000plus ingeboek is @R 150 PER DAG gee dit R 24 MILJOEN PER DAG. dit is baie geld.laat hulle werk boer saai bou ens. om geld in te bring.tronke moet soos besighede bedryf word en duer hulle winste self onderhoudend wees

Janneman ·

Met cowboy Cele aan die stuur kan dinge net beter gaan……….hy moedig gereeld sy lede aan om vinger op die sneller te hou en nie aarsel om te skiet nie.

Adam ·

Vra ek ook. Met al die kriminele op straat behoort ons tronke ten minste 1370% vol te gewees het.

Oom Kalahari ·

Mnr Masutha, dit is soos een van my mede kommentaar vriend genoem het dat jy jou nie kon weerhou met Clive Derby Lewis en Janus Waluz oor Chris Hani se moord. Hul tyd was al lankal verstreke en Lewis is in tronk oorlede maar jy het Walus geweier toe hy vrylating toegestaan het en geswik het onder jou kronies en weduwee Hani. Jou dubbel standaarde blink van onder en waarom gebruik jy nie Robben Eiland en spandeer minder geld.

Sakkie ·

Gebruik ou myne vir tronke en as hul oproerig raak verminder die vars lug

Anoniem ·

Die oplossing is baie eenvouding , bring terug die doodstraf, dan sal daar dadelik baie minder mense in die tronke wees.

jan ·

help nie hulle gaan werk op plase .dan moet hulle opgepas word of anders hol hulle weg, of hulle koop die bewaarders om. jy sien hoe ontsnap hulle uit n polisie vangwa…….. pos hulle terug robin eiland toe

Sannie ·

Gisteraand program gesien oor tent tronke in Arizona- briljante idee! En die prisoniere werk 7 dae n week ook!

L Ras ·

Bring die Doodstraf terug vir moord en sommer verkragting van kinders ook en die tronke sal onmiddellik leegloop.

Joe ·

Kan jy dink hoe vol die tronke sou wees, as die SAPS almal gevang kry? Daar’s meer criminals wat nog buite rond loop as in die tronke

Pietie ·

Hulle sal moet plek maak want binnekort wil hulle nog die rokers (wat die nuwe rook wet oortree) ook tronk toe stuur vir 3 maande….

vonne ·

maar hulle wil mense toesluit vir rook? (ek is ‘n nie-roker). so waar gaan hulle nou die outjies plaas wat ‘n dampie maak?

poplap ·

Die tronke is oorvol. Waar gaan hul die rokers sit? Of gaan hul spesiaal tronke bou vir die rokers?

Corne Lombard ·

Moenie vergeet nie nou gaan hulle nog plek moet maak vir al die rokers ook waar gaan hulle ons sit vir 3 maande ek wonder. In die selfde sel as n moordenaar of n verkragter net omdat ons rook, dis net nog een punt wat wys hulle kan glad nie verder dink as wat die neus lank is nie

CJC ·

Julle sal die tronke moet begin aanbou, aangesien dat die helfde van die land een van die dae daar gaan sit vir rook in openbaar. Jy mag moord pleeg en als, maar asseblief net nie rook nie.

Eish ·

Wonderlike idees wat hier geboekstaaf word! Ou myne, skeepsvraghouers, dit kan werk! Ons het plek nodig vir minstens 6miljoen.

Mrs H ·

O genade, dink julle hulle gaan eerste nog n tronk bou, of n e-toll hek, of n standbeeld van Winnie?

Rene Voges ·

Bring terug die Doodstraf! As jy moor en verkrag. is jy nikswerd in ons samelewing nie.
Dan sal tronke minder vol wees.

Niklaas ·

Dan is die ontsnaptes uit aanhouding ook nog nie bygereken nie. Ek hou van die lesers se talle voorstelle vir oplossing.

Tiny ·

Waar gaan daar plek wees vir die rokers wat 3 maande tronkstraf kan kry as hul in publiek rook???

Roker ·

Ek neem aan die rokers sal buite in die tronk moet bly, want hulle rook!!

Careltjie ·

UIteindelik besef hulle dit. Dan wil hul mense toesluit indien hul in die openbaar rook. Ek weet nie of hul ooit basiese wiskunde op skool gehad het nie.

pieterdp ·

So gaan wk deur die komentaar. Almal die raad van groter dood ens.
Waar is ons werklike probleem. Die ANC regering wat n krimenelie kiltuur geskep het wat sel deur trek is van krimenele. Lands grense oop gegooi het vir die in strooming van buur lande af. Meer werk looshuid. Ons kan tans SA een groot tronk maak. Nog steeds gaan dit nie help nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.