‘Tronke maak voorsiening vir gestremdes’

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van korrektiewe dienste het uitgevaar teen bewerings wat tydens Oscar Pistorius se vonnisoplegging-verrigtinge gemaak is dat gevangenisse nie voorsiening maak vir gestremde gevangenes nie.

“Ons sentrums maak voorsiening vir gestremde gevangenes,” het Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement, gesê. Hy het bygevoeg dat daar tans gestremde gevangenes is wat vonnisse uitdien. Mhaga het gesê hoewel die departement die sub judice-reël respekteer, hulle dit nodig geag het om op die aantygings wat in die hof gemaak is te reageer.

“Die verslae wat in die hof voorgehou is blyk die indruk te skep dat ons sentrums deurspek is met gevalle van, onder andere, onhigiëniese toestande, bendegeweld en verkragting. Die bewerings oor die toestande in ons sentrums is verkeerd,” het Mhaga gesê.

Annette Vergeer, ʼn proefbeampte en maatskaplike werker, het Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria getuig dat sy nie dink Pistorius sal veilig wees in die tronk nie. Sy het gesê die sementvloere, stort- en toiletgeriewe in tronke is nie geskik vir iemand met Pistorius se gestremdheid nie. Sy het ook gesê daar is ʼn moontlikheid dat Pistorius kwesbaar sal wees vir geweld, insluitend verkragting, agter tralies.

Die hof het gehoor dat Vergeer haar verslag oor Pistorius opgestel het op grond van ʼn besoek aan ʼn Johannesburgse tronk tien jaar gelede. Sy het ook twee jaar terug die Krugersdorp-gevangenis besoek en met bewaarders en maatskaplike werkers gekonsulteer.

Vergeer is die deur die verdediging betaal om die verslag op te stel. In die verslag stel sy voor dat Pistorius tot drie jaar korrektiewe toesig en gemeenskapsdiens gevonnis word.

Die hofverrigtinge gaan Woensdag voort.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Estelle ·

dan moet gestremdes dink voordat hulle snellers trek, of enige ander misdaad pleeg!

Paul ·

En elke keer as daar ‘n berig is oor iemand wat in hul huise aangeval word, lewer mense kommentaar: “Skiet dadelik, om dood te skiet! Worry later oor die gevolge! Skiet die gemors!”

Hoe kom daardie twee standpunte by mekaar uit?

Onthou, “hindsight is always 20/20”.

Sjert ·

Wanneer ‘n “inbreker” hom/haarself in ‘n toilet TOESLUIT” is die oplossing tog voor die hand liggend.

Jy laat die tone klap en skree vir hulp.

Westerse opinie ·

Dit is nie veilig in die trunk vir OP nie……….ook nie vir Reeva toegesluit in die badkamer nie……so ?!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.