Tronkreëls glo oortree vir Oscar se verjaardag

Oscar Pistorius Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool/Sapa

Oscar Pistorius Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool/Sapa

Die departement van korrektiewe dienste het Sondag gesê daar sal opgetree word teen enige persoon wat daaraan skuldig bevind word dat hulle die reëls verontagsaam vir Oscar Pistorius.

“Volgens die bestuurder van die korrektiewe sentrum [Kgosi Mampuru-gevangenis] ontvang Oscar Pistorius nie voorkeurbehandeling nie,” het Logan Maistry, woordvoerder van die departement, gesê. “Die bewerings sal ondersoek word en daar sal opgetree word teen diegene wat skuldig bevind word.” Volgens Maistry beskou hulle die bewerings in ʼn ernstige lig.

Die Sunday Times berig dat sy verslaggewers beleef het hoe talle reëls Saterdag oortree is vir Pistorius se 28ste verjaardag. Volgens die koerant is Pistorius se broer, Carl, en suster, Aimee, toegelaat om vir hom ballonne, ʼn geskenksak en koek te bring wat buite die gevangenis gekoop is.

Volgens die departement sê reëls vir gevonniste oortreders mag gevangenes slegs lekkernye van die tronk se snoepwinkel af ontvang. Pistorius se broer en suster het glo ook vir twee ure by hom gekuier al mag hulle volgens die reëls nie vir langer as ʼn uur kuier nie.

Beamptes van die tronk het glo ook nie Carl en Aimee se motors deursoek nie en het glo ook toegelaat dat hulle ʼn ander uitgang gebruik om die koerant se fotograaf te vermy.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Oscar Pistorius.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

berantha ·

Kom ons los nou die arme man uit dat hy in vrede met sy lewe kan aangaan hoekom is die samelewing so nuuskierig

berantha ·

Kom ons los nou die arme man uit dat hy in vrede met sy lewe kan aangaan hoekom is die samelewing so nuuskierig

Anon ·

Ek stem, los hom nou maar uit, hoekom nog aangaan en aangaan. Genade hy is al so uitmekaar getrek hoekom nog aangaan daarmee. Los die man uit, glo nie julle sal daarvan hou as dit julle was of is nie.

zahn ·

Ek verskil heeltemal met jou en berantha, hou aan om hom te pes, vergal sy lewe! Moet nooit, ooit vergeet dat hy ‘n lewe geneem het nie. En as jy vir my wil sê ek mag nie oordeel nie, dit is presies wat hy gedoen het toe hy 4 keer deur die deur geskiet het. Laat hy boet, enige manier!, aangesien die staat hom nie ordentlik wil straf nie. Kruisig soveel julle wil, dit is my opninie, as pa van dogters.

Babs ·

Sunday Times se verslaggewers is soos aasvoëls. Los die Pistoriusse asb nou uit. Die ballonne en koek is nie van die staat gesteel nie. Gaan ondersoek liewers die korruptes wat hulle vingers in die staat se geldlaai steek.

Bielie ·

Hoop net nie hulle het ‘n vyl binne die koek versteek nie.

Pieter ·

Zahn, Ek is so dankbaar dat God my en Hy alleen my die genade gegee het om soos Christus aan die kruis n MOORDENAAR te kan vergewe. Hierdie onbesonne daad wat Oscar gepleeg het mag dalk net die begin van n algehele toegewyde lewe aan God wees(dit was nie Sy wil dat Reeva moes sterf nie). Ek het ook kinders en besef dat hulle ook maar net onder Christus sev genade leef

Eben ·

Pragtig gestel Pieter …. op die einde van die dag wie is ons om paal te veroordeel? Maggies die man is mos gevonnis. Dink mense vir een oomblik dit is aangenaam? Hy het verseker nie bedoel om Reeva se lewe te neem nie, en ek persoonlik dink dit was n gruwelike oomblik van waansin en paniek. Wat is dit om koek en iets spesiaal te ontvang op die herdenking van jou geboortedag? Hy is immers nie losgelaat soos zuma se maatjies en boer op golfbane!

Leeutjie ·

Pieter en Eben, ek skaar my ook by julle. Ek het ook ‘n dogter en 2 seuns. Ek dank die Here elke dag dat dit nog nie met een van hulle gebeur het nie! Zahn jy spoeg vuur maar so iets kan met enige een van ons gebeur! Verkeerde tyd op die verkeerde plek….

zahn ·

Is dit jou beste poging? Sjym. Jy en Pieter en Eben, dit is so maklik om te sê die oordeel kom ons nie toe nie, en wat nog alles, maar gerieflikheidshalwe vergeet julle dat hy die oordeel oor homself gebring het die oomblik toe hy die sneller nie een nie, nie twee nie, maar vier keer getrek het. Dit is so gerieflik om aan die wêreld se kant van die toiletdeur te staan, plaas jouself net vir een oomblik aan Reeva se kant van die toiletdeur, kyk of jy dan nog dieselfde dink. En nee, ek dink nie aan haar ouers nie, hulle sal eendag beter voel hieroor, tyd genees baie, maar probeer jou haar angs indink. O ja, jy kan nie. Sjym. Voëltjiebollie. My kragtie! Eben, is sy vonnis regverdig? Ongeag wie anders watter straf gekry het, bepaal jou by die een saak, is dit regverdig? NEE, ‘n duisend keer NEE.

Leilani Zietsman ·

Ek het 2seuns en 1 dogter, ek as ma van hulle wil nie graag myself en hulle in ñ tragedie hê soos wat die Steenkamp en Pistorius familie huidiglik hulself bevind nie.

Leeutjie ·

Zahn, nie vir een oomblik was enige een van ons lelik nie. Ek kan my indink aan haar angs, en let wel, as jy dit misgelees het, ek het ook ‘n dogter en ja… ek het groot simpatie met haar familie en die feit dat sy geweldige angs beleef het is ook waar. Gedane sake het geen keer maar om ons aan te vat met sjym en voeltjiebollie en galbraak is onnodig en onvanpas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.