Tronksjef in hof oor dagga

court-hammer_thumbʼn Sjef van Mpumalanga het Donderdag in die Tonga-landdroshof verskyn op aanklag dat hy dagga aan gevangenes voorsien het.

Moses Sibiya (42) en sy medebeskuldigde, Mfundo Mqwathi (18), sal weer op 7 Januarie in die hof verskyn. Sibiya is op borgtog van R500 vrygelaat. Mqwathi bly in aanhouding aangesien hy ook op ander aanklagtes, waaronder huisroof, teregstaan.

Lt. Mzwandile Nyambi, woordvoerder van die polisie, het gesê Sibiya en Mqwathi is op 7 November in hegtenis geneem nadat hulle met dagga betrap is in die Tonga-polisiestasie se aanhoudingselle. Sibiya het na bewering dagga aan Mqwathi, wat in aanhouding was, verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

scalla ·

In die goeie dae het die tronkvoels self die groente in netjiese tuine geplant en versorg en self die kos voorberei, deesdae is dit mos n hotel, die deur word vir jou gesluit en selfs die ligte word namens jou afgeskakel, lekker in die nuwe suid afrika.

pop ·

Lekker hoenderkop van die hoender pie. En dalk koekies met ekstra skop!!!!Nee tronke se kos is voorwaar baaaaiiiiieeee lekker deesdae. lol

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.