Tronkstraf, boetes kan kom as SA-ners nié maskers dra

Ronald Lamola (Foto: Kopano Tlape GCIS)

Suid-Afrikaners wat versuim om ’n gesigmasker te dra te midde van die Covid-19-pandemie, kan moontlik binnekort ʼn boete of selfs tronkstraf opgelê word. Die regering het Maandag op nuut ’n beroep op landsburgers gedoen om gehoor te gee aan sy pleidooi oor die dra van maskers, om te verhoed dat die kwessie moontlik later gekriminaliseer word.

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Maandag tydens ’n mediakonferensie van die nasionale Covid-19-bevelsraad gesê talle Suid-Afrikaners dra steeds nie gesigmaskers nie aangesien daar geen strafbepaling vir die oortreding van dié betrokke regulasie is nie.

Volgens Lamola kan die eienaars van openbare persele soos winkels of openbare vervoer tans aanspreeklik gehou word, sou een van hul kliënte nie ʼn masker dra nie. Die regering oorweeg dit egter nou om individue persoonlik aanspreeklik te hou, sou hulle versuim om ʼn masker te dra. Daar word egter nog nie onderskeid getref tussen ’n boete of tronkstraf indien individue dié reël oortree nie. Volgens die minister is die regering huiwering om die betrokke oortreding te kriminaliseer, maar oorweeg dit nietemin, sou Suid-Afrikaners nie gehoor gee nie.

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

“Dit moet die norm word. Dit moet ’n verleentheid word om nié ’n masker te dra nie. Dit moet koel wees om ’n masker te dra,” het Lamola gesê.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het op haar beurt gesê Suid-Afrikaners moenie net maskers dra om ’n boete vry te spring nie, maar eerder om hulself en die publiek te beskerm.

“Ons hoop is dat niemand ooit beboet sal moet word omdat hy of sy nie ’n masker dra nie en dat niemand ooit om dié rede ’n kriminele rekord sal kry nie, juis omdat almal maskers dra.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Martie Smartie ·

Ag vader tog, nog n breindood kader. Eers los hulle 19 000 convicts nou wil hy onskuldige mense in die tronk stop oor maskers – dan los hy hulle seker weer oor die pandemie. Wat n helse sirkus hierdie ANC klomp

Werner ·

Hulle gaan nou al die moordenaars vry laat om die mense wat nie maskers dra in die tronke te stop. Een draai deur soweto en al die tronke is vol . O nie vergeet hulle sal net die blankes teiken

Marius ·

Boetie weet jou ma waar jy is ???? Dink jy nie jy moet jouself in elk geval met regte wette besig hou nie en ophou speel met grootmense ? Vra maar net .

JJ ·

Tronkstraf vir nie masker dra-Is jy van jou sinne beroof? Jy sal liewer met ‘n lam dreigement kom wat onuitvoerbaar is. Watter hof gaan iemand tronk toe stuur daarvoor, waar juis die risko van besmetting nog meer is. Jou dreigement toon aan dat jy lamlendig is, en alllenlik kan regeer deur vrees in te boesem. Jy is belaglik. Ek lag vir jou. Ek sal jou graag eendag in ‘n debat wil aanpak

Renee ·

Nooi my aub uit as getuie want taxis kan 110% oorlaai word en dit is volgens die ragering nie n; probleem nie Regering is bang taxis bring weer die land in onsekerheid so stem vir taxis dan is jy tops

Kokerboom ·

Drakoniese be-oogde wetgewing. Wie gaan dit toepas? Die sogenaamde Bevelsraad: klink soos ‘n militere junta in beheer. Is ons NIE veronderstel om ‘n demokrasie te wees?
Die klomp is so obsessief met Covid 19 dat die ekonomie by die agterdeur uitgegooi word!!
Vraag is net: waar word jaarlikse sterftes aan siektes soos griep, TB, HIV , ander chroniese siektes ens gereflekteer of word alles skielik Covid verwant om die effek te skep? Hiermee is ek NIE onverskillig teenoor Covid19. Vra net. In 2017 was daar 11000 sterftes agv griep ea!!!!Geen bohaai!!!Hoe nou????

Michael ·

Voor Covid was ons almal onsterflik-niks maar niks het ooit ons lewens bedereig nie. Moet wees want geen regering het nog ooit sulke stappe gedoen om ons lewens te beskerm nie.Die enigste ding waaraan jy nou kan sterf is Covid 19. Die 200 mense wat gemiddeld elke dag in SA sterf aan TB vir die afgelope 25 jaar sterf nou nie meer nie en hulle kan ook geen ander mens aansteek nie. Die Covid is n wonderlike ding-alle ander moontlike oorsake waaraan die mensdom kan sterf is totaal deur Covid 19 uitgewis

Cornrit ·

Weet hierdie “slimmetjie” wat hy uiter. Regtig, ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie. Daar is n helse IK probleem in die staatsektor. Dit is nie haatspraak nie, maar die waarheid. Hulle het nounet 19000 MISDADIGERS vrygelaat, en dreig nou met tronkstraf. Hierdie klomp clowns raak nou te erg. Weet hulle waarvan hulle praat?. Ek dink nie so nie. Plaas eerder daardie klomp korruptes onder juile, in arres.

Persheks Adri ·

Begin sommer by jou our people en julle taxi’s ok! Julle gebruik mos klaar ons belasting geld om die tronke te voer ook en dis julle mense wat nie by reëls hou nie so kom net by regtig. Redenasies is klip dom verby en net van toepassing wanneer dit julle pas

Anel ·

Môre, oormôrekom hulle in jou erf en arresteer jou oor simpel masker. Ons is die enigste land in DIE WÊRELD wat sulke drakoniese inperkings het! Wat wil hulle bewys? Om hul onbevoegdheid en korrupsie en al die ander goed te verdoesel, probeer hulle ons nou bang praat. Wie sê hierdie is nie die natuur se manier om van die oortolliges ontslae te raak nie? Want lyk my niemand gaan aan iets anders dood nie. Nou moet alles wat die aandag van onbevoegdheid kan weg lei, gekriminalseer word. Wel, ek sal geen boete betaal nie, ook nie erkenning van skuld nie. ‘n Oud regter het hoeka vanmiddag gesê die lot moet hul koppe laat lees. Pleks regeer hulle die land, laat mense werk en begin die skuld afbetaal. Daar gaan ook meer mense doodgaan van honger as die virus. Maar nou ja, ook iewers gehoor van maskers dra, die klok hoor lui maar weet nie waar die bel sit nie.

Renee ·

Stem 100% saam indien jy nou sterf is dit Covid -19 nie hartaaval nie

Fedup ·

It must be “koel”?
We ain’t ninjas, you know.
What a bunch of idiots.

Vonkprop ·

Het julle al die man hoor praat? Ek wonder of hy Graad 1 klaar gemaak het. Weereens ‘n geval waar ‘n posisie net gevul is, maar geen agtergrond.

Keelvol ·

Hy moet die “Disaster Management Act” mooi lees. Nerens staan daar dat dit as n kriminele oortreding kan beskou word nie. Hof hou hulle in elk geval nie op met sulke snert nie.

Peet ·

Wonder of hy al suurstof ingeasem het. Klink nie vir my so nie, maar dan nou weer wat ons meer verwag van die narre.

Nici ·

Ek dog die hof het reeds beslis dat daar nie boetes gehef mag word nie. Wat ‘n chaotiese bestuur van hierdie probleem.

Jan ·

Daar was nog nooit sprake van maskers en die ander huidige absurditeite terwyl ons jaar-in en jaar-uit met meer as 62 000 sterftes per jaar weens TB saamgeleef het nie. En 15 000 weens griep. Maar 4 000 covid sterftes word ‘n nasionale ramp wat maak dat die hele land agter maskers moet wegkruip terwyl die land vernietig word! Die ironie is dat geen mens nog ooit vir ‘n virus kon wegkruip nie en dat al teenvoeter ons immuniteit is wat ons nou met wydverspreide angs verder aftakel.

Piet parys ·

Wel as die regering mense verplig om maskers te dra moet dit beskikbaar gestel word want ons almal betaal belasting en die regering is mos die werk gewer en volgens die veiligheidswet moet die werkgewer wat in die geval die regering is dit kosteloos verskaf. …….. dis hulle eie reels . Of geld dit net vir kondome ,hiv behandelings en samitere produkte vir kinders

Pappa Beer ·

Hierdie maskers, klok reels, verbode op drank en tabak, is als maar net die cANCer regering se manier om mense se regte weg te vat omdat hulle dink hierdie is n monargie in plaas van n demokrasie. Dis soos om n kind te hok en sy selfoon en sweets weg te hou van hom af. Verskil is ONS IS NIE VERDOMDE KINDERS NIE! Ek is n volwassene wat my eie besluite sal neem oor my eie gesondheid, cyril jy is nie n koning nie en kopdoek is baie beslis nie n queen nie. Maak julle self en julle eie geledere skoon van openlike diefstal en korrupsie, dan bekommer julle oor maskertjies.

Jack ·

Die maskers is bloot n troos en n poging deur die staat om hulle eie beeld van “ons gee om vir die mense” te bevorder. Intussen bly die oe van die meeste mense ontbloot en die virus kruip eenvoudig in. So ek weet nie wat nou nie. Die mag van die bevelsraad om die volk te beheer word verder getoets vir toekomstige gebruik in die post covid periode. Sover is ons almal soos skape wat eenvoudig rondgejaag word soos dit die wil van die groep aanbetref in belang van “ our people “. Tyd om in massa die reels oor bv drankhandel en tabak te ignoreer. Hierdie is nie nog nie n diktatuur nie en die demokratiese beginsels word eenvoudig tersyde gestel deur die bevelsraad wat tipies n militere inslag het.

Jakes ·

Sulke uitsprake kom wanneer jy n snuiter aanstel as n minister. Gevaarlike kriminele loop vry buite rond en pleeg misdaad maar as jy sonder n masker gevang word gaan jy direk oranjepak dra.

Genis ·

Jy ANC kader moet eers korrupsie uitwis… jy moet tronk toe gaan vir staatskaping, korrupsie en en….

Agietjie ·

Vonnis vir geen masker = 6 maande tronkstraf
Vonnis vir plaasmoorde = ?
Geen – want plaasmoorde is mos nie ‘n probleem nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.