Tronkstraf, deportasie vir renosterhoringhandelaar  

Shuihau Chen (50) (Foto: Valke)

ʼn 50-jarige Chinese man moet minstens twee jaar tronkstraf vir onwettige renosterhoringhandel in ʼn Suid-Afrikaanse tronk uitdien waarna hy na China gedeporteer sal word.

Shuihau Chen (50) is Dinsdag in die Kempton Park-distrikshof daaraan skuldig bevind dat hy sonder ʼn permit met renosterhoring handel gedryf het. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis óf hy moet ʼn boete van R500 000 betaal.

Hy is ook twee jaar tronkstraf opgelê nadat hy op twee aanklagte dat hy die Immigrasiewet oortree het, skuldig bevind is. In dié geval het hy nie die opsie om ʼn boete te betaal nie en het die hof verder gelas dat hy ná die uitdiening van sy vonnis na China gedeporteer word.

Chen is reeds in 2019 deur die Valke in Middelburg in hegtenis geneem en was sedertdien in aanhouding.

Daar is destyds ook beslag gelê op sy Volkswagen Tiguan wat volgens die Valke R400 000 werd is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eragrostis ·

So ń ligte straf vir so ń wrede misdaad. Die Suid-Afrikaanse regstelsel moet nog in lyn kom om hierdie tipes misdaad met die gepaste strawwe te straf. Huidig skrik hierdie strawwe glad nie die misdadigers af nie. Wat van iets soos lewenslange tronkstraf EN ń boete van R10 miljoen.

Amelia ·

Sommiges (kriminele ) het darm baie geld maar so sal hul tot n val kom stadig maar verseker

anko ·

Hy betaal R500 000 uit sy agtersak en doen dit net weer. Tronk toe in sy eie land. Hoekom moet die belastingbetalers vir hom sorg

Marcello ·

Ek verstaan nie, as hy al van 2019 af in aanhouding is, trek hulle dit dan nou af van die 5 jaar.

Niklaas ·

Duidelik wil SA in die Chinese se beste boekies bly. Ligte straf en dan vlieg die knaap huis toe . Om dan daar net weer tasse in te pak vir sy volgende SA safari. Geen lang tronkstraf hier nie , en wat se afskrikmiddel is dit ?

Herman ·

R 500 000-00. Is dit al ? Daar kort n nul by die 5. Hy moet met sy agter ent in die tronk sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.