ʼn 37-jarige man is Vrydag tot tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy 19-jarige niggie.
Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die verkragter het op 15 Maart vanjaar omstreeks 20:00 sy niggie se kamer in KwaCeza betree.
“Die beskuldigde het die slagoffer gevra wat sy sal doen as hy haar verkrag. Sy het gesê dat sy sal skreeu. Hy het toe gedreig om haar babatjie seer te maak, waarna hy haar met geweld ontklee en verkrag het,” het Zwane gesê.
Die slagoffer het die voorval die volgende dag by die KwaCeza-polisiestasie aangemeld en die man is in hegtenis geneem.
Hy is Vrydag in die Ulundi-streekhof tot 10 jaar tronkstraf gevonnis.
Sy naam mag nie genoem word nie om die identiteit van sy niggie te beskerm.
10 Jaar ? problem met die SA regstelsel. Straf pas nie by die oortreding nie. Die regering is te besig met sinlose wette om sy Politieke ambisie te bevorder.