Tronkstraf of boete vir boer wat glo werker skiet

Argieffoto

Argieffoto

Johannes Fourie, ʼn boer wat skuldig bevind is dat hy ʼn vuurwapen onwettig hanteer het, is ses maande tronkstraf opgelê, het die SAUK berig.

Die streekshof in Musina in Limpopo het Fourie die opsie gebied om ʼn boete van R6 000 te betaal om tronkstraf vry te spring.

Fourie het een van sy werkers geskiet, nadat hy hom glo vir ʼn bobbejaan aangesien het. Volgens die berig het die hof die aanklag van poging tot moord laat vaar weens ʼn gebrek aan getuienis.

Fourie het ʼn paar jaar gelede die Pretoriase hooggeregshof genader om die staat se besluit, om hom van poging tot moord te beskuldig, te laat vaar. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Hulle het seker dringend die geld nodig om kospakkies te koop en uit te deel voor die verkiesing

Grassie ·

Dit is mos nou `n misverstandjie wat baie maklik kon insluip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.