Tronkstraf sal Oscar Pistorius “breek”

Pistorius tydens vorige hofverrigtinge. Foto:  Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Pistorius tydens vorige hofverrigtinge. Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Tronkstraf sal Oscar Pistorius “breek” want dit maak gestremde persone kwesbaar, het die hooggeregshof in Pretoria Dinsdag gehoor.

“Die beskuldigde se blootstelling aan ander gevangenes terwyl hy op sy stompies is, sal ernstige negatiewe gevolge op die beskuldigde hê,” het Annette Vergeer, ʼn proefbeampte en maatskaplike werker, getuig. “Dit sal slegs ʼn negatiewe impak hê en hom in gevaar stel. Dit sal hom nie help nie; dit sal hom breek.”

Vergeer het getuig dat Pistorius sal sukkel om te loop op die gladde sementvloere in ʼn gevangenis. Sy het gesê kondome is vrylik beskikbaar in gevangenisse en dat sodomie en verkragting algemeen in Suid-Afrika se oorvol tronke voorkom. “Een van die groot probleme is dat die gevangenis-omgewing nie bevorderlik is vir terapie nie. Sielkundige behandeling in die gevangenis sal negatief wees. Dit sal hom verder breek.”

Volgens Vergeer het gevangenisse nie die nodige fasiliteite om terapie te verskaf nie, aangesien navorsing wys dat 62% van gevangenes nie toegang het tot maatskaplike werkers nie. Vergeer het gesê korrektiewe toesig is ʼn streng vonnis en dat vonnisoplegging ʼn groot rol moet speel in die voorkoming van toekomstige misdade. “Daar word voorgestel dat die beskuldigde onder huisarres geplaas word vir die tydperk van die vonnis.”

Vergeer het gesê Pistorius dra ʼn “swaar las” vir die dood van sy vriendin Reeva Steenkamp en dat hy dié las vir die res van sy lewe sal dra. Sy het gesê die mediadekking van die saak dra by tot sy blootstelling. “Hy blyk nie so groot gevaar vir die samelewing te wees dat hy verwyder moet word nie. Die impak van die oorledene se dood was veel erger op hom,” het sy gesê.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Philip ·

Tronkstraf sal Oscar Pistorius “breek”…. maar met ‘n koël het hy Reeva gedood!! Die teendeel ‘n ou wat ‘n blik “bake beans” steel om te eet kry 5 jaar, hulle sê steel is steel punt. Nou waneer is moord ,moord?

PH Mackay ·

Hy hoef hom mos nie te bekommer nie , die toilette daar” het nie deure nie .

Theresa ·

Ag siestog. Boek hom dan by ‘n Spa in………………………..
Wens hierdie Oscar ding wil tot ‘n einde kom. Dit begin my nou grensloos irriteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.