Tronkstraf vir jong man wat 15-jarige verkrag

Argieffoto

Argieffoto

Loui Donovan Diedricks (25) is in die Pietermaritzburg-streekhof tot tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn 15-jarige meisie.

Volgens kol. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, is Diedricks tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy die meisie op 3 September vanjaar in die Howick-omgewing verkrag het toe sy haar ma gaan besoek het.

“Die man het die slagoffer met ʼn mes gedreig en in die bosse in die Curry’s Post-omgewing ingedwing waar hy haar verkrag het,” het Naicker gesê.

Die voorval is by die Howick-polisiestasie aangemeld. Diedricks is op 26 Oktober opgespoor en in hegtenis geneem. Hy is Vrydag skuldig bevind en gevonnis.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, die provinsie se polisiekommissaris, het Maandag die Howick-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings geloof vir die deeglike en spoedige ondersoek wat bygedra het dat die skuldige vinnig vervolg kon word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lettie ·

Op 25 jarige ouderdom sal ‘n mens dink dat die “skirk” weet wat is reg en verkeerd. Hoop hulle doen dieselfde aan hom in die tronk. Hoekom kan ‘n mens oor en oor vra maar ons sal nooit weet wat hulle so siek maak om dit te doen nie.
Sterkte aan die meisiekind – troos jou daaraan hy gaan tronk toe.

Amanda Van Vuuren ·

Welgedaan!! tjop tjop en die skirminkel is gevang en gevonnis!! n rekord vir die Suid Afrikaanse oorvol howe!! Dis n oorwinning vir enige mens wat verkrag word dat die gemors goeie tronkstraf kry! Geen vroee parool nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.