Tronkstraf vir ma wat kind oor kos aanval

(Foto: Shutterstock)

ʼn Vrou van Fraserburg in die Noord-Kaap is sewe jaar tronkstraf opgelê nadat sy haar jong dogter met ʼn mes in die skouer gesteek het. Die voorval het in 2021 gebeur toe die kind 12 jaar oud was.

Daar is in die hof aangevoer dat Sielja Konstabel (48) haar kind uit woede aangeval het omdat sy van haar kos geëet het.

Sy het ʼn mes gegryp en die meisie in haar linkerskouer gesteek.

Sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder, sê die kind het gevlug en die voorval by die polisie aangemeld. Konstabel is gevolglik in hegtenis geneem.

Die streekshof op Fraserburg het haar tot sewe jaar tronkstraf gevonnis vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Vyf van die sewe jaar is opgeskort mits sy nie weer ʼn soortgelyke misdaad pleeg nie. Sy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Koliswa Otola, het die vonnis verwelkom en die ondersoekbeampte, ao. Charl Blignaut, vir sy ondersoekwerk geloof en dat hy vir die regte van kinders veg.

“Hierdie vonnis kom op ʼn tyd wanneer die stryd vir kinderregte tydens Kinderbeskermingsweek (28 Mei tot 4 Junie) op die voorgrond sal wees.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Shakespeare ·

VIVA ANC !!! Julle het geslaag daarin om die DIER in miljoene mense wakker te maak.

RissiepitAnna ·

Ek kan dit nie verstaan nie, ek lees berigte soos die, en kan my nie indink wat in regters se koppe aangaan nie, Is dit net ek of is vonisse vreeslik lig die laaste paar jaar? Veral teenoor kinders en diere? Wat is fout met die wereld? (obviously baie) – maar normale mense het nogsteeds “hoop” in die regs stelsel.
En wat is die nonsens alewig oor n vuurwapen. (dink mense eerlikwaar n perssoon soos die gaan omgee oor n wettige vuurwapen lisensie ….) Ek hoop jy stik aan jou kos vrou.

Olive ·

Dis heel aanvaarbaar vir hulle. Hulle kry kinders omdat die gemeenskap dit van hulle verwag. Daar is groot verbasing as hulle teen ‘n sekere ouderdom nog nie kinders het nie. Lyfstraf is verbied by skole maar dit is skrikwekkend om te sien hoe sommige van hulle, hulle eie kroos aanrand. Aikona wena!

Daisy ·

So stupid – sy is verbied om ‘n vuurwapen te besit. Sy het met ‘n mes aangeval.
Wat is die verband tussen die twee? Jy mag nie skiet nie maar messe is ok?

AREND1 ·

As my kind honger is en sy het van my kos geeet.Dan sal ek haar los laat sy eet.Al moet ek dood gaan van die honger,ek sal die laaste kos vir my kind gee.Nou watter slegte ma is sy dan?

domheks ·

Die ‘ma’ se kos was seker lekkerder as die kind se kos, wat met die kindertoelae gekoop is!

Ronél ·

Kinders kom eerste……………..ek het vir jare net tee en roosterbrood geëet om my kinders die beste te gee wat ek kon-‘n weduwee wat niks geërf het nie!

Heidi ·

Sy mag nie n vuurwapen besit nie ? Esaroma mag sy nog haar kind Hou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.