Tronkstraf vir man wat kinderpornografie besit, deel

Kerwin David Budden. (Foto: Verskaf)

Die streekhof in Port Elizabeth het die 42-jarige Kerwin David Budden altesaam 12 jaar tronkstraf opgelê vir die besit en verspreiding van kinderpornografie.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê ene Riaan Mans is verlede jaar in Krugersdorp in Gauteng vir die beweerde besit en verspreiding van kinderpornografie in hegtenis geneem nadat die Amerikaanse federale ondersoekburo (FBI) plaaslike owerhede daarvan in kennis gestel het.

Mans het glo eksplisiete kinderpornografiebeelde, video’s en gesprekke deur ʼn selfoonapp afgelaai.

“Mans het glo aan die polisie erken dat hy die inhoud met verskeie mense gedeel het, onder wie Budden in Port Elizebeth,” het Ngcakani gesê.

Die polisie het ʼn lasbrief bekom en in samewerking met die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid verskeie kinderpornografiebeelde op Budden se selfoon en skootrekenaar opgespoor.

In sy pleitverduideliking het Budden erken dat hy die kinderpornografie ook op sosialemediaplatforms gedeel het.

Altesaam 24 foto’s is eindelik in Budden se besit gevind. Talle daarvan is van die internet afgelaai, het Ngcakani gesê.

Sommige van die foto’s beeld grudade teen jong meisies eksplisiet uit.

Staatsaanklaer Mxolisi Bebula het aan die hof gesê die uitbuiting van kinders kom algemeen in die samelewing voor en dat die verspreiding van kinderpornografie ʼn uiters ernstige oortreding is. Direkte tronkstraf is dus ʼn gepaste vonnis.

Vier jaar van Budden se vonnis is vir vyf jaar opgeskort, wat beteken hy moet agt jaar tronkstraf uitdien.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mariana ·

Wat ‘n siek wêreld leef ons in. En hulle sal dit weer doen, sluit toe en gooi weg die sleutel.

OW ·

Die wêreld is nie siek nie.Daar loop siek en bose mense in die wêreld rond.

Johan ·

Wat van die res wat hy dit mee gedeel het hulle is ook dan skuldig

Nette ·

Dit maak my siek tot in my siel. Nou moet my belastinggeld vir hom sorg sodat hy lekker kan lewe in die tronk, maar nou ja dit is sy human right,

Sandra ·

Darem ‘n stukkie goeie nuus tussen al die ander slegte nuus.

ES ·

Nee wat gooi die sleutel sommer weg!

Snaaks hoe mens sommer partykeer die boosheid in iemand se gesig kan sien…

Cornelius ·

En as hy uit die tronk kom gaan hy presies dieselfde misdaad pleeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.