Tronkstraf vir McDonalds-werker wat in roomys spoeg

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn Voormalige werknemer van McDonald’s is tot tien jaar tronkstraf gevonnis ná hy in 2017 betrap is dat hy in ʼn roomys gespoeg het.

Clement Othusitse Seothaeng (27) is Woensdag in die landdroshof in Pretoria-Noord gevonnis. Hy is tot tien jaar direkte tronkstraf op aanklagte van afpersing en vyf jaar vir kwaadwillige saakbeskadiging gevonnis. Die twee vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Volgens Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Seothaeng, oorspronklik van Pampierstad in die Noord-Kaap, vir twee jaar by ʼn McDonalds-tak in Montana, Pretoria-Noord, gewerk.

ʼn 20 sekonde lange video wat Seothaeng op 23 September 2017 van homself geneem het, wys hoe hy tydens die voorbereiding van ʼn McFlurry-roomys, daarin spoeg, dit met die roomys meng en dan daarna die roomys se deksel opsit.

In die video is Seothaeng se gesig nie sigbaar nie, maar dit is wel duidelik dat dit iemand in ʼn McDonalds-uniform is.

“Nadat hy homself afgeneem het, het Seothaeng die video van ʼn onbekende selfoonnommer af vir die bestuurder van dié kitskosrestaurant gestuur. Hy het homself as ʼn besorgde klant voorgedoen en R150 000 geëis in ruil daarvoor dat hy nie die video op sosiale media sal versprei nie,” sê Mahanjana.

“Die bestuurder het die saak by die polisie aangemeld. ʼn Lokval is vir Seothaeng gestel en hy is twee dae later in hegtenis geneem.”

Ter verswaring van die vonnis het die staatsaanklaer, adv. David Molokomme, die hof gevra om ’n gepaste vonnis op te lê wat as afskrikmiddel sal dien vir mense wat sosiale media wil gebruik om ander mense te bedrieg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Wielspore ·

Dit was ‘n lekker spoeg lopie… nou gaan jy tronk toe.

Di ·

Nou kan hy in ander gevangenisse se kos gaan spoeg. Glo nie hy het in sy wildste drome gedink dit sal SO eindig nie. Hoop hy leer sy les in die tronk. Nie almal van “our people” is so gelukkig om weg te kom met kriminele dade nie.

Chris dupreez ·

Mooi so, hy moes sommer lewenslank gekry het vir afpersing

Diets ·

Ek is ook seker dit gebeur. Daarom dat ek nie sommer van franchises iets bestel nie.

Koen ·

Hoop jy het bewyse. Dalk bevind jy jou ook in die tronk een van die dae. Hoop iemand vat jou aan vir naamskending.

Gert ·

Ek wonder hoeveel van die werkers verkoop die produkte wat hulle so “behandel”?

Misky ·

Hahahaha, ook maar lekkkkkkerrrrr stupid soos Ouboet van Orkney Snork Nie, altyd sou sê

Philip ·

Behalwe Mc Donalds is daar al restuarante en kitskos ondernemings wat se staf morsig werk met die kos het ek al jare dit gesien as n firma verteenwoordiger.Ekhet regoor die land en aangrensende lande en van restuarante daagliks gebruik gemaak so hou maar verby wat uiteet betref.

Anel ·

So hy word gestraf vir die afpersi g maar nie vir die spoeg nie! Hoe siek! Gelukkig hou ons niks van kitskos nie en nog minder van uit eet.

melaney ·

‘n bekende wat by ‘n pizza winkel werk vertel hoeveel keer hy per ongeluk die pizza laat val, die pizza van die vloer optel, in die boks plaas en dan verkoop. Ek eet net wat ek self voorberei.

marius ·

Hy moet eis om as kok in die trok aangestel te word . Dan kan hy baie videos maak….

ES ·

Daar is darem geregtigheid, nou moet die straf net swaarder vir moordenaars word.

Watsenaam ·

Sal die doodstaf vir jou ook tevrede stel?
Party diewe word vir 15 maande tronk toe gestuur om net 2 maande later weer uit tekom.

Kobus ·

Was nog nooit so honger on wegneem etes te eet nie, dis ook te duur.

Blikkies ·

Lyk my nie hulle verstaan hoe dit daar buite gaan nie, daar is nie ander werk nie…Ek persoonlik dink sulke goed gebeur dalk baie meer as wat ons dink.

Papsak ·

Daarom eet ek nie uit by sulke plekke nie want kyk wat gebeur ek eet nie iemand se vrot spoeg nie sies jy weet nie watse kieme kruip daain weg nie

Linda ·

Hy kan bly wees daai spoeg was pre Covid. Hy kon dalk die doodstarf op homself bestel het as hy so roekeloos met die VIRUS omgegaan het!

AW ·

Vraag !!

Hoe weet ons in die alge.een dat mense wat by sulke plekje wer, Nié die selfde doen itv dié Spoeg Nie….

Realis Thailand ·

Jesse Jackson het dan openlik gespog dat toe hy studeer het en as n kelne gwerk get in n restaurant hy altyd in di witmense wie hy bedien het se sop gespoeg het om sy haat aan hulle te wys.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.