Tronkstraf vir Mdluli verwelkom

Richard Mdluli. (Argieffoto)

Richard Mdluli, voormalige hoof van misdaadintelligensie by die polisie, en sy medebeskuldigde, Mthembeni Mthunzi, is Dinsdag vyf jaar direkte tronkstraf in die Johannesburgse hooggeregshof opgelê.

Die twee is vroeër skuldig bevind op twee aanklagte van ontvoering, twee aanklagte van aanranding en twee aanklagte van ernstige aanranding.

Mdluli en Mthunzi is daarvan beskuldig dat hulle Oupa Ramogibe geïntimideer, aangerand en ontvoer het. Ramogibe en Tshidi Buthelezi, Mdluli se voormalige geliefde, is in Julie 1998 in die geheim getroud.

Mdluli het glo alles in sy vermoë gedoen om die verhouding te laat skipbreuk ly. Ramogibe is ʼn jaar later doodgeskiet. Aanklagte van moord is egter vroeër teen Mdluli en Mthunzi teruggetrek.

Die staat het wel sy saak op die aanklagte van ontvoering en aanranding bewys.

Regter Ratha Mokgoathlheng het die twee tot drie jaar tronkstraf op elk van die ontvoeringsklagte gevonnis, ʼn jaar tronkstraf vir elk van die twee aanrandingsklagte en twee jaar tronkstraf vir elk van die ernstige aanrandingsklagte gevonnis.

Gedeeltes van die vonnisse word gelyklopend uitgedien. Die 62-jarige Mdluli het aangevoer hy is te oud en te kwesbaar om tronkstraf uit te dien.

Die regter het egter die twee voormalige polisielede in sy uitspraak gekap vir hul kru en misdadige magsmisbruik.

Adv. Glynnis Breytenbach, die DA se woordvoerder oor justisie en korrektiewe dienste, het die vonnisse verwelkom.

Breytenbach sê Mdluli het in 2018 uiteindelik die trekpas by die polisie gekry nadat hy jare lank danksy sy “sterk politieke bande en gevolglike beskerming aanspreeklikheid vir sy misdadige optrede ontduik het”.

Sy sê dit het byna twee dekades geneem vir die kwessie om afgehandel te word en dit het boonop enorme druk van die burgerlike samelewing en die onwrikbare toewyding van die ondersoekbeampte geverg voordat daar met vervolging voortgegaan is.

“Dit is ʼn aanklag teen die strafregstelsel dat hy [Mdluli] toegelaat is om vir so lank aanspreeklikheid vry te spring. Die vervolgingsgesag het egter uitstekende werk gedoen om ʼn saak voor te lê op getuienis wat baie oud was.”

Breytenbach sê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) moet geloof word vir die suksesvolle vervolging, al was dit laat.

“Mdluli het amper weggekom met sy misdadige magsmisbruik en dit is gerusstellend om te sien dat geregtigheid eindelik geskied.”

Die regter het Mdluli en Mthunzi se aansoek om verlof tot appèl teen die vonnisse van die hand gewys. Mdluli het egter aan News24 gesê hy gaan hom oor dié kwessie tot die appèlhof wend.

Mdluli moet later, in ʼn afsonderlike saak, ook in die hof verskyn op aanklagte van bedrog en diefstal. Hy word saam met Solomon Lazarus, voormalige finansiële hoof by die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, en Heine Barnard, ʼn voormalige verkrygingsbestuurder, daarvan beskuldig dat hulle ʼn geheime misdaadintelligensiefonds van die polisie geplunder het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Androclus ·

Daar gaan Mdluli wat sê Zuma daarvan daar is glad nie so iets van ek is te oud om tronk toe te gaan nie.Zuma papa wag.

Aai ·

Hulle gaan KFC in die tronk eet want hulle gaan nou in opleiding wees.

Androclus ·

Vir seker,dit help nie eers hy gaan tronk toe nie,het ‘n koningslewe daar binne,beter dalk nog as by sy huis.

JohanR ·

Soe is Richard Mdluli en Mthembeni Mthunzi nou die 4de en 5de ANC’s in 26 jaar om tronk toe te gaan? Ek voel net dat dinge begin nou te vinnig beweeg, en ek voel soe bietjie duiselig in die kop! Waaneer gaan daai ander gemors Nomgcobo Jiba tronk toe!

Jessey ·

Sjoe te oud en kwesbaar om tronkstraf uit te dien. Dan moet Janusz Walus onmiddelik uitkom as mens op sulke argumente kan staatmaak. Ek is seker daar is heelwat gevangenisse wat daai argument kan gebruik, Maar kanse is goed dat ‘n tekort aan GOLF hom gaan siek maak, dan sal genesing kan geskied soos met Shady Shaick

Johann ·

Wel as ek die somme toepas op ander sake…beteken dit bv dat Zuma 88 ant seventi jaar gaan wees as hy sy dag in die hof moet kry?

Om te dink die een is een van VELE wat danksy ZUMPIE gedoen het wat hy wou? Die res sit en smile…onverandwoordbaar.

Onnie ·

Jippieeeeeeee! 5 jaar is nie lank nie, maar darem al iets. Dis n begin. Al die skelms moet gaan sit. Oranje sal mooi lyk by sy donker oë.

Persheks Adri ·

1 down a couple of millions to go! Wanneer is dit kopdoek se beurt?

Johanncb ·

Ek hoop huidige en gewese politici begin besef dat hulle níé bo die wet verhewe is nie! Dankie aan ons Howe vir die onpartydigheid!

Cherokee ·

‘onpartydige howe’… jy het seker nog nie van Vicky Momberg, Penny Sparrow en dies meer gehoor nie.

Tanniepetoors ·

Uiteindelik! Mdluli het hopeloos te lank met sy slimpraatjies weggekom. Slim het sy baas gevang.

Pieter ·

Lekker ses maande vakansie dan word hulle op mediese parool vry gelaat en dan n menisters pos. Dit is hoe die ANC kommuniste werk

Gerra ·

Ag bog!! Te oud! Was nie te oud om n misdadiger te wees nie….. Was nie te oud om n ander te ontvoer en aan te rand……. Daar is gevangenis wat lewenslank sit; oud of te not. So gaan doen jou deel mdluli.

marius ·

Appel hof dan konstitusionele hof en dan betogings en dan shabir siekte en so foeter die spul voort .

Tino ·

Dis seker beter as niks maar heeltemal te lig ‘n straf, maar wat weet ek.

Hoogtyd, kan die media asb meer aandag aan die twee agter tralies gee as v die EFF sodat hulle mooi voorbeeld skep

Scalla ·

Hy was mans genoeg en nie te oud toe hy dit gedoen het nie, vat jou pak(oranje) soos n man.

Jakes ·

Dit sal gepas wees om n nuwe tronk te bou waarvan die naam moet wees ANC Comrades Motel.

Hennie ·

Hy gaan nie eers 5 maande sit nie…. Dan ambassadeur in Noorweë… ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.