Tronkstraf vir motorhandelaars wat bedrieg

(Argieffoto: pixabay)

Twee tweedehandsemotorverkopers wat die waarde van voertuie in finansieringsaansoeke by banke verhoog het, is vandeesweek tien jaar tronkstraf in die Bloemfonteinse landdroshof opgelê.

Elizabeth Christina Knouwds (40) en Willem Johannes van Tonder (35) het tussen Mei 2008 en Oktober 2009 ʼn onderneming genaamd Lulu’s Auto CC in Jacobsdal bedryf.

“Die twee het saamgewerk en verskeie aansoeke vir voertuigfinansiering by Absa in Kimberley ingedien. Hulle het daarna die [gesamentlike] waarde van die voertuie tot byna R43 miljoen verhoog,” het ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, gesê.

“Nadat die bank die geld betaal het, het hulle die verskil – danksy die opgeblaasde waarde – in hul sakke gesteek.”

Nog twee mense is by die bedrog betrek. Een van hulle is intussen dood, terwyl die klag teen die ander persoon intussen laat vaar is.

Knouwds en Van Tonder is elk tien jaar tronkstraf opgelê vir bedrog, vier jaar tronkstraf vir geldwassery en vier jaar tronkstraf vir betrokkenheid by misdadige bendebedrywighede.

Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarel ·

Ek dink persoonlik sou dit beter straf gewees het om alle eiendom verbeurd vrrbeurd verklaar het asook alle fondse in hulle bankrekenings sodat hulle op straat moes sit. Aan die ander kant hierdie tipe ouens staan altyd weer op.

tweeling ·

Lyk vir my daar is te veel saam met Lulu gedoedoe ha ha ha

Chris ·

Ek was ‘n paar jaar gelede betrokke met ondersoeke in banke van sindikate. Dit is skrikwekkend wat aan die gang was en seker nog steeds. Wat meer ontstellend is, is dat dit seker nog voortgaan. Dit is nie net een bank nie, maar verskeie.

LiveAndLetLive ·

Koop maar eerder jou voertuig by n Franchise handelaar – hierdie second hand no name dealers is altyd n risiko.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.