ʼn Voormalige lid van die Ekurhuleni-metropolisie is tien jaar tronk toe gestuur nadat hy vroeër skuldig bevind is aan aanklagte van statutêre verkragting, die wys van pornografiese materiaal aan ʼn minderjarige en die wys van sy geslagsdeel aan ʼn kind jonger as 13.
Sontago Seiso, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het gesê die Palm Ridge-landdroshof het die 44-jarige Adrian Johannes van Zyl ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit. Sy naam word nou ook op die register vir seksuele oortreders geplaas.
“Die slagoffer se familie is tevrede met die vonnis,” het Seiso gesê.
Die voorvalle het tussen 2015 en 2016 in Brackendowns, Alberton en Ekurhuleni plaasgevind.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Ai, waar gaan die mensdom heen?
Siesa man!
Vader, en dan nog in ‘n vertrouens posisie as polisieman
10 jaar is baie min vir staturêre verkragting, pornografiese materiaal, ontbloting en wie weet wat nog alles! Wat beteken ‘n naam in ‘n register. Die oomblik wat hy uitkom, gaan hy weer aan met sy siek dade.
dis verskriklik!