Tronkstraf vir plaasbestuurder wat vee steel

Arno Kotze (Foto: Verskaf)

’n Voormalige plaasbestuurder van Limpopo wat ná sy inhegtenisneming maande lank verdwyn het, is vandeesweek vyf jaar tronkstraf opgelê nadat hy in die landdroshof op Thabazimbi skuldig bevind is aan veediefstal.

Arno Kotze (52) is in Januarie in hegtenis geneem nadat 13 Bonsmarabeeste in Junie verlede jaar op ’n plaas in die omgewing van Dwaalboom naby Thabazimbi gesteel is. Kotze was in daardie stadium die bestuurder op die plaas.

Brig. Hlulani Mashaba, polisiewoordvoerder, sê die beeste is tussen 1 en 7 Junie 2022 op die Belgie-plaas gesteel. ’n Plaaswerker het die boer egter ingelig dat die beeste op ’n vragmotor gelaai en weggery is. Die plaaseienaar het onraad vermoed en dit by die polisie aangemeld.

Die polisie-ondersoek sou later onthul dat Kotze die beeste aan Vleissentraal-veilings op Dwaalboom vir R130 000 verkoop en die geld in sy sak gesteek het.

Mashaba sê daar is in die hof bewys dat die geld in Kotze se persoonlike bankrekening inbetaal is.

Kotze is aanvanklik op 7 Januarie in hegtenis geneem, maar het verdwyn nadat hy op borgtog vrygelaat is. Hy is eindelik weer op 24 November op Groot Marico in Noordwes aangekeer. Hy was in aanhouding tot sy skuldigbevinding en vonnisoplegging Maandag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karoo ·

Ver van jou goed na aan jou skade. Diefstal van enige aard moet gestuit word.

Koen ·

@Jannie. “ons” mense kan jy mos vertrou. Dis mos “ons” mense. Bhahahahhaaaaaa

Paul ·

Baie duidelik Afrikaners is geen gesogte rolmodelle. As jy by plek kom en daar breek bakleiery uit tussen blankes, wees verseker bakleiers, moordenaars is Afrikaners.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.