Tronkstraf vir twee wat Durban-pa vermoor

Jacques Oosthuizen en sy vrou, Samantha.

Jacques Oosthuizen en sy vrou, Samantha.

Simphiwe Sosibo (37) en Mvuseni Mchunu (47) is Vrydag in die Durban-hooggeregshof gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op Jacques Oosthuizen (35).

Die twee het Oosthuizen, sy vrou, Samantha, en twee dogters, Claudia en Storm, op 11 April 2013 in hul huis in Hillcrest oorweldig. Oosthuizen is tydens die huisbraak geskiet en met ʼn mes gesteek, waarna Sosibo en Mchunu met verskeie huishoudelike ware in die gesin se motor gevlug het. Oosthuizen is na ʼn hospitaal geneem waar hy drie dae later weens sy beserings beswyk het.

Die Hillcrest-polisie het ʼn saak van moord en huisroof ondersoek. Die Valke het die ondersoek oorgeneem en al om die uur gewerk om die twee aan te keer.

“Die beamptes het deeglik ondersoek ingestel en ʼn goed saamgestelde dossier en bewyse aan die hof voorgelê,” het kapt. Simphiwe Mhlongo, polisiewoordvoerder, Vrydag gesê.

Die twee is uiteindelik Woensdag skuldig bevind op aanklag van huisroof, roof met verswarende omstandighede en moord. Sosibo en Mchunu is albei tot lewenslange plus 15 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Bloues ·

Lewenslank +15 Jaar. Dit is mos nou n straf wat aan n moordenaar gegee moet word, nie die belaglike 6 jaar nie.

Lida ·

Wanneer gaan dit tog tot jou deurdring dat ELKE saak sy eie meriete het. Vonnisse word nie net sommer gegee nie. Die saak of sake word deeglik deurdink en bestudeer. Verstaan dit tog asb. Elke moord saak het sy eie ondersoek en meriete en ALLE omstandighede word deur die Regters inaggeneem.

Charles ·

Moord is moord, nog nooit gehoor van n meriete moord nie en lewens lank trok toe kos die burgers miljoene wat onnodig is, eindig sy lewe ook ongevraagd.

Lida ·

Ek stel voor julle begin nou leer vir julle LLB grade, spesialiseer dan sommer in strafreg ook, en word dan advokate en hopenlik dan Regters. Miskien sal julle dan die regstelsel verstaan.

Ivan ·

Dankie Lida, ek kan nie glo dat sommige mense nie die basiese beginsels van regs toepassing nie kan of wil insien nie. Mens hoef nie noodwendig n graad in regte te he om dit te verstaan nie.

Lida ·

Lh, ek word woedend vir mense wat dink hulle weet alles. As hulle dan so slim is soos hulle dink hoekom is hulle nie advokate nie. Ondervinding het my geleer dat as jy niks van ‘n sekere onderwerp weet nie, hou jou mond en moenie ‘n gek van jouself maak nie. Ons ander weet tog van beter.

Lida ·

DEE nie ek het nie ‘n LLB graad nie maar wat ek wel het is genoeg gesonde verstand om te weet jy kan nie twee sake vergelyk nie. Elkeen het sy eie dossier en getuies.

Ria Venter ·

Dan kry Oscar Pistorius maar 6 jaar, wat is die verskil?

LLB ·

Wonder ook maar net…….. my somme werk nie dieselfde uit nie ?

franje van spanje ·

Die verskil is: Oscar hou nie n gevaar in vir die samelewing nie. Hierdie kriminele gaan weer roof en moor.

cobusp ·

Bollie, Oscar is n gevaar vir homself en die samelewing…….sy handelinge is onstabiel……….narsisties……..gaan google dit maar dan sal julle verstaan.

Huh ·

Ja….. ja… ja.. en dit alles gaan hierdie mens wat dood is se lewe terug bring…booowha ha… ooops toe nie???.. Dit het klaar gebeur, die geliefdes sit met die pyn.. en ek belowe… dit vat 5 jaar om oor iemand vir wie jy regtig lief was, en wie skielik dood gaan, te kom.. Die wat daar deur is, sal weet

Ellie Rose ·

Dit blyk dat sommige van ons soms net nie kan of wil verstaan nie. Hoekom kan ons nie leer wat vergewinsgesindheid beteken nie? Wanneer ons as swak mens fouteer verwag ons van ander om ons te vergewe en wanneer ander fouteer laat vergeet ons hulle nooit hulle foute nie. Kom ons laat Oscar nou asseblief uit elke gesprek. Hy is nou waar duisende mense gewens het om hom te sien. Kom ons begin liewer daarop fokus om die wêreld ‘n beter plek te maak. Dit sal ons slegs kan verrig deur positief te wees en te stop om negatief te wees!

Joann ·

Lida ek ken van al daai grade en verstaan sommige moordsake is anders,maar moord is moord en vonnis moet nie vir sommige ligter wees as vir ander nie.

Wilhelm ·

Al wat sal help is om sulke mense uit te roei; hulle het geen plek in n geordende samelewing nie.
Enige regering wat sy sout werd is sal die doodstraf terugbring en vinnig ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.