Tronkstraf vir verkeersman wat omkoopgeld soek

Zahid Bhayat (Foto: Valke)

’n Hoofwegpatrolliebeampte van Potchefstroom in Noordwes sal vir die volgende twee jaar agter tralies moet deurbring nadat hy omkoopgeld by verskeie motoriste op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp geëis het.

Die 44-jarige Zahid Bhayat is Donderdag in die landdroshof in Klerksdorp skuldig bevind en tot vier jaar tronkstraf gevonnis, waarvan twee jaar vir vyf jaar opgeskort is.

Die vonnis volg vyf jaar nadat Bhayat in 2017 in hegtenis geneem is. ’n Ondersoek het destyds onthul dat Bhayat verskeie luukse motors voorgekeer en die bestuurders van die motors daarvan beskuldig het dat hulle die spoedgrens oorskry het. Hy het gedreig om die bestuurders vir die beweerde spoedoortreding in hegtenis te neem voor hy omkoopgeld van nie minder nie as R2 000 geëis het.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, sê die ondersoek is destyds gelas nadat die Valke ’n klagte daaroor ontvang het.

Bhayat het sedertdien sy inhegtenisneming op 12 Desember 2017 verskeie kere in die hof verskyn voor hy gister gevonnis is.

Zahid Bhayat (Foto: Valke)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Vyf jaar geneem om hom te vonnis, maar dankie dat hy boet vir die onskuldige mense wat hy ingedoen het.

Diline

Moral of the story, Crime don’t pay” Jou sondes haal jou wel eek of ander tyd in

domheks

Hoekom 5 jaar voor hy gevonnis is. Zondo sal moet kyk wat is die probleem. Oor en oor tyd en geld wat vermors word!

Misky

Goed en wel ja, hy verdien die straf. Maar wat van die klomp fat cats in die regering? Hoe kom hulle al jare daarmee weg en daar is tonne bewyse en fluitjieblasers?

Marius

Dis goed, kriminele hoort in in die tronk, nie in uniform nie.