ʼn Vrou wat miljoene rande by ʼn ambulansdiens gesteel het terwyl sy as finansiële klerk daar gewerk het, is vandeesweek op bykans duisend aanklagte van bedrog skuldig bevind en tot direkte tronkstraf gevonnis.
Die Valke het Anastasia Mariana Parkin (53) in Desember verlede jaar in hegtenis geneem ná hul voorlopige ondersoek gewys het sy het meer as R4 miljoen van haar destydse werkgewer, die St. Johns-ambulansdiens, gesteel.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Parkin se pligte het onder meer behels dat sy geld in die ambulansdiens se rekening inbetaal, asook salarisse en krediteure betaal.
“Sy was die enigste gemagtigde gebruiker van die finansiële rekenaarprogram waarmee sy alle betalings moes rekonsilieer wat haar werkgewer ontvang of gedoen het.”
Die Valke se ondersoek het reeds in Februarie verlede jaar begin en het gewys hoe Parkin doelbewus en onregmatig die geld in haar eie rekening, asook dié van haar familielede, inbetaal het.
Die Oos-Londense landdroshof het haar skuldig bevind op altesaam 933 aanklagte van bedrog en vyf jaar tronkstraf opgelê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Ek het geen simpatie nie…kry vir jou vrou. As jy lang vingers het, moet hulle size gemaak word.
5jaar? dit is mos niks, dit baat om ń krimineel in Suid Afrika te wees
5 jaar gekry en seker los na 2 jaar weens goeie gedrag. Vir 4 miljoen rand. Dit lyk nie juis na afskrik manier vir ander potensiële oortreders nie.
In gevalle soos die, moet die beskuldigde die geld terugbetaal? Of hou sy die geld en dien net tronkstraf uit?
933 x 5 jr. Effektief seker maksimum 3jr? Net in SA.