Tronkstraf vir vrou wat miljoene by ambulansdiens steel

(Foto: Maroela Media)

ʼn Vrou wat miljoene rande by ʼn ambulansdiens gesteel het terwyl sy as finansiële klerk daar gewerk het, is vandeesweek op bykans duisend aanklagte van bedrog skuldig bevind en tot direkte tronkstraf gevonnis.

Die Valke het Anastasia Mariana Parkin (53) in Desember verlede jaar in hegtenis geneem ná hul voorlopige ondersoek gewys het sy het meer as R4 miljoen van haar destydse werkgewer, die St. Johns-ambulansdiens, gesteel.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Parkin se pligte het onder meer behels dat sy geld in die ambulansdiens se rekening inbetaal, asook salarisse en krediteure betaal.

“Sy was die enigste gemagtigde gebruiker van die finansiële rekenaarprogram waarmee sy alle betalings moes rekonsilieer wat haar werkgewer ontvang of gedoen het.”

Die Valke se ondersoek het reeds in Februarie verlede jaar begin en het gewys hoe Parkin doelbewus en onregmatig die geld in haar eie rekening, asook dié van haar familielede, inbetaal het.

Die Oos-Londense landdroshof het haar skuldig bevind op altesaam 933 aanklagte van bedrog en vyf jaar tronkstraf opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Peetjie ·

Ek het geen simpatie nie…kry vir jou vrou. As jy lang vingers het, moet hulle size gemaak word.

Tanja ·

5jaar? dit is mos niks, dit baat om ń krimineel in Suid Afrika te wees

Stofdonkie ·

Was jy al 5 jaar in ‘n suid-afrikaanse tronk dat jy die opinie kan lewer dat dit “niks” is nie? Selfs na die 5 jaar wat sy uitkom gaan sy maar baie sukkel om weer werk te kry.

Niklaas ·

5 jaar gekry en seker los na 2 jaar weens goeie gedrag. Vir 4 miljoen rand. Dit lyk nie juis na afskrik manier vir ander potensiële oortreders nie.

Elsie ·

Hoe dan nou, kyk na al ons kaders hoeveel vat hulle nie en hulle kom niks oor nie.

Misky ·

In gevalle soos die, moet die beskuldigde die geld terugbetaal? Of hou sy die geld en dien net tronkstraf uit?

Karinda ·

Ek sal ook graag wil weet en ook, wat gebeur met die familielede wat die geld ontvang het. Ek is seker hulle het gewonder waar sy die geld kry om oor te betaal aangesien ‘n klerk sekerlik nie so groot salaris kry nie.

ES ·

Gewoonlik moet jy die geld terugbetaal – as die geld nie terugbetaal kan word nie, kan die besigheid haar siviel dagvaar vir die geld en dan kan sy al haar bates verloor of die staat kan verseker dat sy nog tronkstraf uitdien. Daar is gewoonlik geld-waarde of tronk-tydperk gekoppel aan die bedrag.

Gewoonlik het besighede versekering teen sulke diefstal. Banke vries gewoonlik enige rekeninge wat geld in het of le beslag op bates wat met die geld aangekoop is.

Brett ·

Dus ‘n beloonende beroep……. betaling vir 5 jaar bitter dame verdien dit in 5 jaar……….
Wonder of enige Parliament lede in hul mou lag oor die straf………
Hulle moet dit terug betaal met rente………. En hul straf uit dien……….

Pieter ·

As sy nou deel van die ANC was het sy niks oor gekom nie behalwe n ondersoek wat tien jaar sou gevat het.

Elméne ·

En intussen word sy net oorgeplaas na ‘n volgende plek met vet salaris!!

Jaco ·

Ligte straf as in ag geneem word dat sy wit is. Waars die 2 stelle reëls in SA, waar wit mense altyd meer swaarkry, dan nou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.