Tronkstraf wag nou as jy oor kwalifikasies lieg

Foto: SAPD/Facebook

Streng nuwe wetgewing wat ernstige strawwe instel vir mense wat oor hul kwalifikasies lieg, is by die parlement ingedien.

Die Wysigingswet op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk maak ook voorsiening vir ’n nasionale register waarin die name van diesulkes opgeteken sal word. Die parlementêre portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding sal die wetgewing nou finaliseer voordat die Nasionale Vergadering dit aanvaar of verwerp.

In hierdie stadium blyk daar egter oor partygrense heen instemming te wees oor die algemene strekking van die wetgewing, met die ANC en die DA wat reeds hul steun uitgespreek het vir die bekamping van die euwel van vals aansprake op kwalifikasies, en die ongeldig verklaring van bedenklike kwalifikasies – baie uit die buiteland – wat nie akademies op peil is nie en soms selfs gekoop eerder as verwerf word.

“Wanvoorstelling van ’n kwalifikasie” word vir die doel van die wetgewing tweeledig gedefinieer. Eerstens is daar kwalifikasies wat bona fide as outentiek deur die verwerwer daarvan ingehandig word, in die geloof dat dit wel geldig is, maar wat nie aan die Suid-Afrikaanse kwalifikasieraamwerk se vereistes voldoen nie. In so ’n geval is daar wanvoorstelling en is die kwalifikasie ongeldig, maar die fout is in goeder trou begaan en geen straf word vir die persoon wat op die kwalifikasie aanspraak gemaak het, uitgestippel nie.

Die tweede definisie is waar ’n kwalifikasie valslik deur die houer daarvan voorgehou word as op ’n meer gevorderde vlak as wat die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAQA) daaraan toegeken het. Dit is hier waar die valbyl sekuur gaan neerkom op diegene wat oor hul kwalifikasies lieg.

Die wetsontwerp plaas die verpligting op die departement van hoër onderwys en opleiding om ’n databasis van alle erkende kwalifikasies te skep sodat dit deur werkgewers geverifieer kan word.

Daar sal ’n afsonderlike openbare register geskep word met die name en oortredings van enigeen wat skuldig is aan misleiding oor kwalifikasies, en ’n ander register van al die valse kwalifikasies wat nie erken word nie. ’n Register van alle oorsese kwalifikasies wat in Suid-Afrika erken word, word ook geskep.

bcom graad studeer akademia

Argieffoto.

Een van die strengste nuwe bepalings is daarop gemik om kansvatter-instellings aan die kaak te stel. Dit sluit in of die instelling wettig geregistreer is, of die inhoud van die kursus op peil is, of daar ’n aanvaarbare hoeveelheid klastyd vir onderrig opsygesit is, of die kwalifikasie bloot te koop aangebied is, en of die lengte van die studie genoegsaam en op standaard is.

Enige van die bogenoemde oortredings en oortreders se name en die besonderhede van hul oortredings moet aan die tersaaklike beroepsliggame gerapporteer word vir streng optrede.

Wat strawwe betref, is die wetsontwerp spesifiek streng. Enigeen wat beweer hulle het ’n kwalifikasie waaroor hulle nie beskik nie, is skuldig aan bedrog en moet dienooreenkomstig gestraf word. Enige instelling wat verkeerdelik akkreditasie beweer, is ook skuldig aan bedrog.

Enigeen wat ’n ongeldige kwalifikasie of vals studiedata uitreik, is skuldig aan vervalsing. Enigeen wat medepligtig is aan bogenoemde drie misdrywe kan ’n boete of tronkstraf van tot drie jaar opgelê word.

In ’n spesifiek duidelike aanduiding dat die euwel van leuens oor kwalifikasies ernstig opgeneem en gestraf sal word, bepaal die wetgewing spesifiek dat howe verplig word om die skade wat ander werkaansoekers gely het weens die wanvoorstelling van ’n persoon se kwalifikasies, en die geldelike voordeel wat so ’n bedrieglike aansoeker uit hul bedrog bekom het, as verswarend tot vonnis te reken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Jaco ·

Maar diefstal van grond word gewetting. Moet net nie lieg nie

christa ·

moes al lankal gebeur het. Hulle brand skole af, maar grade wil hulle he, al moet hulle dit self bekom. Wonder wie lie die meeste oor bevoegdhede en geleerdheid

AmY ·

Geld hierdie nou vir almal? Parlementslede ook?
Vra maar net…

Nee ·

Nee, slegs vir blankes. Die wetgewing gaan as ‘n selektiewe vervolgingsinstrument gebruik word. ANC politici vervals al wkalifikasies vir twee en half dekades en al was dit ‘n groot probleem was dit nooit aangeespreek tot dit nou ‘n blanke persoon was wat dit gedoen het nie.

Hanna Hoekom ·

Begin maar by die staatsdiens! Julle gaan lank besig wees…

Anoniem ·

Is dit so? So wanneer word Jacob Zuma en diegene wat met GEEN kwalifikasies in top posisies aangestel is vervolg? Ek kan nie WAG om te sien wat aan al die onbevoegde, ongekwalifiseerde staatsamptenare gedoen word nie?

Arak ·

Hoewel ek saamstem dat valse kwalifikasies ‘n groot probleem blyk te wees, is dit nie die staat se plig om dit te polisieër nie. Dit is tog hoekom maatskappye ‘n menslike hulpbron afdeling het om die universiteite self te skakel en die bevestig dat die persoon wel die opleiding het. Voel vir my dit is weer ‘n staatsdepartement wat geskep gaan word met duisende “werknemers” wat die belasting betaler net nog ‘n fortuin gaan kos.

Anoniem ·

Daar is ‘n Department van Arbeid en dit kan en móét onder hulle pligte infasseer word. Wie anders as die staat stel jy voor om die integriteit van Arbeidsreg asook werkgewers te beskerm? ‘n Skelm mens bly ‘n skelm mens en die menslike hulpbronne afdelings van maatskappye kan wragtig nou nie elke skelm uitsnuffel nie. Dis nie nodig om ‘n nuwe departement te skep nie, slegs ‘n databasis waarop elke landsburger se kwalifikasies (indien enige) in samewerking met opleidingsentrum/universiteit geregistreer word. So eenvoudig soos dit.

Janine ·

Moes al lankal gebeur het. My man het sy boude af gewerk en geswot. Sy EIE studies betaal, dan gee mense voor hulle het grade en beklee poste met helse salarisse…en my man moet maar net gelukkig wees hy het ‘n werk. Begin grou by die top poste in die staatsdiens…80% van die spul het nie die kwalifikasies wat vereis word nie. Hulle het nog “company” papier en ink ook gebruik om daai vervalste graad te print!

Genieve ·

Hoop dit geld vir die OB ook wat nog te se van die polisie met kriminele rekorts agter hulle name.

Kort net een vak ·

Dit gaan die mense wat beweer hulle het ‘n graad, maar met nadere uitvraging erken dat hulle het amper die graad gekry maar ‘kort nog net een vak, vasvat.

Universiteit van die Wereld ·

Ek het ook al baie mense uitgevang wat later erken het hulle het eintlik aan die universiteit van die wereld geleer, met ander woorde het nie geleer nie en het slegs ondervinding.

Koos ·

Ek kon weens regstellende aksie wat NET die “regte” velkleur in ag neem, vir baie lank nie behoorlike werk kry nie. En behalwe vir my “verkeerde” velkleur, moes ek ook die volgende verskonings gereeld hoor
1. U kwalifikasies is nie relevant vir die werk nie.
2. U kwalifikasies beteken ons sal u “te veel” moet betaal.
3. U kwalifikasies wys u is intelligent; u sal gou verveeld raak in dié werk.
Met skuld wat ophoop, het ek uit desperaatheid my 2 universiteitsgrade nie meer op my CV gemeld nie, aangedui dat ek na 3 jaar op universiteit niks bereik het nie (eintlik was ek 4 jaar daar) en die 1 jaar militêre diensplig na 2 verander.
NIEMAND het ooit hierdie dinge bevraagteken nie EN ek het uiteindelik ordentlike werk gekry.
Ek het kwalifikasies weg gelieg; nie by gelieg nieo. Ek het my basies dommer laat lyk as wat ek regtig is. Sou dit beteken ek gaan ook gestraf word daaroor?

Fleksiekwalifikasies ·

Die wereld raak almeer tegnologiesgeorienteerd en kwalifikasies raak korter, internasionaal en minder formeel, dit is in totale teenstand met hierdie wet. Die regering moet ophou om ons soos marionette aan n lyn te wil manipuleer.

Whahahah ·

Lag my ALIE af, maar die moordenaars en verkragters en aanhitsers tot geweld en betogers wat die land aan die brand steek kom NIKS oor nie ? Julle wil mense vir rook en kwalifikasies en die k woord in die tronk stop maar MOORDENAARS word vrygelaat elke tweede dag??? Julle sal eers moet BETROUBARE mense kry om VAS te stel wie lieg en wie lieg nie .. BEGIN by HLAUDI .. dan gooi julle hom vir my eerste in die tronk .. en die vorige Hoof van TUT . hulle het almal gelieg oor hulle kwalifikasies .. DOEN TOG WAT JULLE se of is dit nie vir JULLE mense bedoel nie?? Our people?

Albert ·

Alle tekens dui daarop dat selfbeskikking die laaste hoop nou raak, tot sulke wette gaan gebruik word om ons op te sluit want dit is baie maklik om mense skuldig te laat lyk op grond van hulle CV.

Wat van misleidende instellings ·

Wat van opvoedkundige instellings wat leerders mislei oor hulle kwalifikasies, moet ons nou skielik almal forensiese ouditeurs of akkreditasiespesialiste word voor ons keuses maak? SAQA kan nie op staatgemaak word nie want hulle is gladniue effektief nie en veral buitelandse en kort kwalifikasies is net te veel om so te wil beheer.

Ai tog ·

Ja en al hierdie aanlyn kwalifikasies wat niks beteken nie, help nie hulle het papiere maar kan steeds niks doen nie . En as daar mense binne die Departement van Onderwys is wat korrup is en grade en diplomas uitreik, hoe gaan jy dit vasstel? Agnee dit is sommer nou om ‘n verkeerde perd op te saal. Alhoewel ek saamstem dat hulle vasgevat moet word is tronkstraf regtig super belaglik .. laat hulle eerder die geld terugbetaal, of geblaclist word . maar tronkstraf gaan nou WAT doen?

Belaglik ·

Ek verstaan nie die tronkstraf storie nie? JA natuurlik moet hulle gestraf word ek HAAT ‘n leuenaar wat lieg oor sy kwalifkasies en gevolglik beter salarisse en posisies kry as ons wat nie gelieg het nie . MAAR dit gese .. MILJOENE mense het gelieg oor hulle kwalifikasies . gaan almal vasgevat word of gaan dit so selektief gedoen word soos die rassistiese FB voorvalle? Tweedens, HOEKOM doen die Menslike Hulpbronne afdelings in die staatsdiens en by parastatals NIE HULLE WERK NIE?? NEE want hulle het OOK waarskynlik gelieg oor hulle s’n of was te LUI om navorsing te gaan doen of het iemand aangestel agv NEPOTISME. Voordat ek by ‘n werk begin het moes ek ‘n toestemmingsbrief teken sodat hulle my KREDIETREKORD, KRIMINELE rekord en my KWALIFIKASIES nagaan .. hoekom doen alle MHB mense dit nie? NEE hulle is TE LUI en wanneer iemand vir 10 jaar in ‘n lekker posisie met ‘n helse salaris sit, dan word hy uitgevang en dan skielik ‘n goue handdruk van R12 miljoen gegee so WAT het julle bereik? As iemand dan bedank nadat hy uitgevang is .. KAN julle hom nog tronk toe stuur? Ek twyfel . want hy werk dan nie meer vir julle nie .. Julle mense moet MOOI dink voordat julle sommer net TRONKSTRAF skreeu .. skreeu eerder BETER MHB aanstellings en TERUGBETALING van fondse wat verdien is in die hoër posisie . die tronkstraf dink RAAK NOU AFGESAAG!!!!

Anoniem ·

So, as ‘n mediese dokter oor hul kwalifikasies lieg en sonder formele opleiding bv. operasies doen en medikasie voorskryf sou tronkstraf onvanpas en/of afgesaag wees? Jy sien dit nie as ‘n kriminele oortreding nie?

Cherokee ·

Wat van my wat gegradueer het in ‘n plaas-laerskool wat vir dekades al nie meer bestaan nie? Daar was geen digitale fasiliteite nie maw dit kon nie digitaal vasgelê word nie.

Ooops ·

Hehehe ek dink nie jou LAERSKOOL kwalifikasies gaan nou nog vir jou ‘n werk in SA gee nie. Sosiologie het ‘n baie gewilde ‘graad’ geword, dalk moet jy dit probeer .. maar jy sal dit nie meer op daardie Laerskooltjie kan doen nie, want ek sien hulle is nou toe.

Theresa ·

Hi Oops, dalk is dit juis sy laerskoolkwalifikasie wat hom laat kwalifiseer. Selfs ietsie in die parlement. Onthou die vorige presidensie (nie so lank terug nie).

Albaster ·

Of dit laerskool, hoerskool of universiteit is maak nie saak nie, die feit is dit is ‘n kwalifikasie wat nie deur formaliteite geverifieer kan word nie en as slaanstok vir tronkstraf gebruik kan word as die wetgewing deurgaan.

AmY ·

By die bank waar ek gewerk het, het hulle destyds ‘n spul mense afgedank wat oor hulle kwalifikasies gelieg het.
Almal was dieselfde dag nog by die deur uit.
Daar was daai een menslike hulpbronne meisie (sy het ook kursusse aangebied) wat twee diplomas en ‘n graad gehad het.
Toe hulle begin ondersoek instel , het sy al die tyd net Std 8 gehad.
Sy het baie van haarself gedink, maar met ‘n hengse slag terug aarde toe gekom.
Ergste van alles; sy en haar lewensmaat het net twee maande voor dit ‘n huis gekoop. Nee, sy was is wit nie.

Kosie ·

Dit gaan niks oplos nie, ons mede landsburgers kry hulle kwalifikasies by “fly by night” opleidings instansies, ek se as jy aansoek doen vir n pos moet jy getoets word om te sien of jy werklik die kwalifikasie het. Vat ons brandweer in Suid Afrika as n voorbeeld, jy doen fire fighter 1 en 2 in n kwessie van n paar maande dan is jy gelykstaande aan n senior fireman. Ek weet vir n feit daai ouens het nog nooit in hulle lewe n groot vuur baklei nie en gaan vries of even weghardloop die dag as hulle voor n groot brand te staan kom,die gevolg gaan n verlies aan lewens wees. Dan is daar weer menige mans en vrouens in Suid Afrika wat nie oor die nodige kwalifikasie beskik nie maar enige dag die werk net so goed soos n persoon wat wel die kwalifikasie het kan doen,selfs nog beter.
Daar moet n balans wees tussen als maar ek dink nog die beste is om n persoon te toets om te kyk of hy werklik die kwalifikasie werd is en of hy of sy dit nie dalk net gekoop het nie. In hierdie land van ns is nou eenmaal net te veel korrupsie om net blindelings te glo en vertrou.

Rooikop ·

Seker n grappie !! Dan moet helfte van parlement in die tronk wees ……….

Theo ·

Wat het van die ANC se “DOKTOR” Pallo Jordan geword,? Jare lank almal beindruk met sy sogenaamde Doktors Graad, toe vang slim sy baas, en daars nog van hulle. ha ha ha. uitgevang ne.

Akkreditasie se voet ·

Sekere SAQA geakkrediteerde instellings se kwalifikasies beteken baie minder as oorsese aanlyn kwalifikasies wat die nuwe manier van leer is.

Internasionale kwalifikasies ·

Opvoeding word ‘n globale kommoditeit en word op die internet vir die hele wereld aangebied. Dis so goed soos dit raak wet om slegs SA uitgevinde tegnologie te gebruik.

Parlement-parlement ·

Geld dit vir die Parlement ook? Want dan is dit seker ‘n April grap wat nou eers uitgekom het (4 maande te laat).

Oud college gesluit ·

My oud college was klein, onbekend en twee dekades terug al gesluit. Mag ek nou nie meer daardie diploma op my CV sit nie?

Theresa ·

Wanneer mens hierdie tipe snert lees, kook mens se bloed en jaag die bloeddruk op.

Want, onmiddellik wonder mens of dit regtig vir almal in hierdie land wat met kettings tans gebind is en voortsleep, bedoel is en of dit ‘n nuwe truuk is.

Jack ·

Ek was verskriklik lui en het baie goeie geleenthede deur my jis getrek toe ek jonk was, met die gevolg dat ek na alles net ‘n N3 en ‘n militêre ambagsertifikaat op my naam het. Ten spyte hiervan kry ek vandag ‘n goeie salaris terwyl ek saam met mense 20 tot 30 jaar my junior met hogere “kwalifikasies” moet werk terwyl daar nie ‘n sweempie intellek, inisiatief of werksetiek te bespeur is nie met die drie belangrikste woorde in hulle woordeskat “increase, bonus and strike”. Maar nou ja, dis hoekom ons vandag met mense sit wat werke het wat hulle nie behoorlik kan doen nie terwyl hulle salarisse kry wat hulle nie regtig verdien nie waarmee hulle motors koop wat hulle nie ordentklik kan bestuur nie.

Koos ·

Een ding staan uit in amper al die kommentare hier: die implikasies van regstellende aksie en BEE en skerp stygende lewenskoste word glad nie in ag geneem nie. Weet julle hoe voel dit om op 90% werkaansoeke wat weggestuur word NIKS reaksie te kry nie by die orige 10% hoor jy BEE en “ons soek eintlik ‘n junior beginner” en “jammer dit moet regstellende aksie wees”? As die skuld vermeerder en armoede klop aan die deur, raak jy desperaat.

Elvira ·

Ek het ophou wonder hoe mense dink. Hemel weet ek gee op oor die prioriteite in hierdie land.

honourable member ·

Hierdie reel sal maar soos alle ander reels net op sekeres van toegepas word. Hierdie mense beskerm mekaar baie mooi.

Cherokee ·

Soos in ‘n ander kommentaar genoem, het ek gegradueer in ‘n plaas-laerskool wat al in die jare sestigs gesluit is. Het ‘n PhD in rekenaar-wetenskappe behaal in daardie skooltjie en die enigste manier waarop ek dit nou kan bewys is deur gestoorde dokumentasie te druk op my rekenaar by die huis.

Denkbeeldige kwalifikasies ·

Alle kwalifikasies word deur HR geverifieer en as die uitslag negatief terugkom is dit gronde vir onmiddellike ontslag indien die person gejok het. Dit geld vir alle mense maak nie saak die velkleur nie. Maak ook nie saak of die persoon ‘n blik verf oor hulself uitgooi om ‘n ander velkleur te kry nie – onmiddelike ontslag word geimplementeer en op die stelsels word aangedui oneervolle afdanking. Dieselfde geld vir ander leuens wat op die CV vertel word. Soos of die person ‘n kriminele rekord het of nie. Alles word geverifieer. En as dit nie gedoen word nie word dit deur die Audit opgetel en dan is dit in die koerante want in SA moet die tipe bedrog openmaar gemaak word en ook gepubliseer word in die jaarverslae. Dit word nie toegesmeer nie. Dit kom wel die een of ander tyd uit aangesien HR sisteme ingeboude “checks”” en “balances” het.

Perine ·

Wel dit is een manier om die lywige parlement so bietjie uit te dun ?

Katerina ·

Dit sal sekerlik net op wit mense betrekking he, of op enkele swart mense wat volgens die ANC, nie anti- wit genoeg is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.