‘n Man is Donderdag tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n 11-jarige seun in Meadowlands in Soweto, Gauteng, verkrag het.
“Tebogo Mbhele (24) is in die Protea-landdroshof skuldig bevind aan die seun se verkragting in November 2011,” het konstabel Sibusiso Chauke, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die man was reeds in Leeuwkop-gevangenis waar hy van 20 Augustus verlede jaar af ‘n vonnis uitdien nadat hy skuldig bevind is aan diefstal.
Die seun en sy 12-jarige maatjie het in Diepkloof gestap toe Mbhele hulle voorgekeer en geld geëis het. Hy het ‘n mes te voorskyn gebring toe die seuns nie enigiets vir hom kon gee nie. Hy het die 11-jarige gegryp, hom na ‘n bos toe gesleep en daar verkrag. Die 12-jarige kon weghardloop en het saam met plaaslike inwoners teruggekeer. Mbhele het egter intussen vlug.
Sny af – Duidelik pla die ding hom……………. (Hy sal nooit gerehabiliteer word nie).