Tropiese storm eis 2 lewens; SAL kanselleer vlugte

Foto: Pixabay

Die tropiese storm wat daartoe gelei het dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) twee vlugte na en van Mauritius moes kanselleer, het reeds die lewens van twee mense op die Franse eiland Réunion, suidwes van Mauritius, geëis.

Die weerdienswebwerf Accu Weather berig dié tropiese storm, bekend as storm Fakir, het sterk winde, modderstortings, swaar reën en verwoestende winde op Réunion laat woed.

Annick Girardin, ʼn Franse minister, het die sterftes van twee mense op sosiale media bevestig. Volgens Girardin is die mense dood as gevolg van modderstortings op die eiland.

Luidens berigte woed winde van 112 km/h in Saint Pierre op die suidelike deel van die eiland – ʼn spoed wat gelykstaande is aan ʼn kategorie 1-storm, oftewel die dodelikste tropiese storm. Sommige dele van Réunion het in die laaste dag reeds 390 mm reën gekry wat tot vloede op die eiland gelei het.

SAL het Dinsdag gesê hy was genoop om twee vlugte te kanselleer weens uiters gevaarlike see- en weerstoestande.

Tlali Tlali, SAL-woordvoerder, het gesê dié vlugkansellasies is in die beste belang van reisigers. “Ons vra om verskoning vir hierdie kansellasies wat veroorsaak is deur omstandighede wat buite ons beheer is,” het sy gesê. “SAL sal Woensdag van ʼn groter vliegtuig gebruik maak om te verseker dat al ons passasiers hul bestemming kan bereik.”

SAL het onderneem om weerstoestande in die land fyn te monitor en reisigers op hoogte te hou van die jongste verwikkelinge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yolanda ·

Ek sal in elkgeval nie SAL vlieg aangesien hul finansies beroerd is en ek nie oortuig is dat hul vaartuie veilig is van n onderhouds en diens oogpunt af… As top bestuur n gemors is, hoe verwag en vertrou n mens veiligge vlugte? Of selfs die vaardighede van die onderhouds werkers? ( wat buitendien die werk oor hul velkleur gekry het)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.