Tropiese storm nog geen gevaar vir SA

(Argieffoto: Unsplash)

Tropiese storm Gombe het reeds die noordelike kus van Madagaskar getref en sal na verwagting teen Dinsdag in die Mosambiekse kanaal inbeweeg.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens hou Gombe tans egter geen direkte bedreiging vir Suid-Afrika in nie.

Gombe sal na verwagting weens die warmer seeoppervlaktemperatuur verder versterk sodra dit in die kanaal inbeweeg. Die storm sal na verwagting teen Vrydag die intensiteit van ʼn tropiese sikloon bereik wanneer dit weer vlugtig die land oor die noorde van Mosambiek sal tref.

Die storm hou nie tans enige gevaar vir Suid-Afrika in nie. (Grafiek: SA Weerdiens)

Dit sal egter van korte duur wees en teen Sondag behoort Gombe weer die Mosambiekse kanaal binne te gaan.

Die tropiese storm is volgens die Britse meteorologiedepartement die vyfde wat Mosambiek die afgelope ses weke tref en swaar reën word vir vandag vir die noorde van die land voorspel.

Die storm kan na verwagting ook swaar reën in dele van Zimbabwe en selfs Madagaskar veroorsaak.

Die SA Weerdiens hou die ontwikkeling van die storm fyn dop en sê enige verdere verwikkelinge sal bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pietertjie ·

Net soos wat die ANC ook geen gevaar vir SA inhou nie. Oral word daar nog fluks gestem en gesteun en geskerm vir hulle.

FM ·

Die Kalahari pryk met grasvelde en kry steeds lieflike opvolg reën. Die noorde van Limpopo smag na reën. Sal sowaar dankbaar wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.